Padvragvereniging in SA bekommerd dat vragmotorkapings sal toeneem

Die Padvragvereniging in Suid-Afrika het sy kommer uitgespreek omdat vragmotorkapings waarskynlik sal toeneem namate voedselpryse styg. Die jongste misdaadstatistiek toon vragmotorkapings het met 31,4 persent gestyg. Volgens die uitvoerende hoof, Gavin Kelly, het hulle reeds ‘n aantal jare ‘n toename in misdaad teen ondernemings opgemerk. Kelly sê nog ‘n bekommernis is dat beleggers ook huiwerig is om sake in die land te doen weens die misdaad.