NV-lid: Mans word ook mishandel

Die Nasionale Vergadering het vandag na ‘n reses teruggekeer na sy amptelike pligte. Lede van die Nasionale Vergadering het dadelik ingespring met die wetsontwerpe wat nie afgehandel is nie. Een daarvan is die wetsontwerp oor die bekamping van verkragting en mishandeling van vroue en kinders. Nudo se parlementslid Joseph Kauandenge het in sy debat opgestaan vir mans wat mishandel word. Hy het gesê hy stem saam dat die vroue-mishandelaars ‘n verdienstelike straf moet kry, maar die wet moet ook nie vergeet dat daar mans is wat mishandel word, maar om verskeie redes nie hierdie gevalle aanmeld nie.