Mbumba breek lansie vir plaaslike groen ammoniak

President Nangolo Mbumba doen ‘n beroep op potensiële beleggers om geleenthede in ammoniak- en kunsmisproduksie in Namibië en ander Afrika-lande te ondersoek. Hy het gepraat by die openingsessie van die Afrika-kunsmis- en grondgesondheids-beraad in Nairobi. Mbumba het verwys na Namibië se ontluikende groenwaterstof-bedryf, wat groen ammoniak as byproduk lewer. Ammoniak is ‘n bestanddeel van kunsmis. Hy sê op volle skaal sal Namibië jaarliks sowat 3 miljoen metrieke ton groen ammoniak vir streeks- en wêreldmarkte produseer. Verhoogde plaaslike produksie van groen ammoniak kan Afrika se voedselproduksie aanvul met kunsmisgebruik.