‘Phishing”-slenters neem onrusbarend toe

TransUnion sê die 2024 Omnichannel-bedrogverslag toon dat 65 persent van Namibiese verbruikers sê dat hulle tussen September en Desember verlede jaar deur slenters geteiken is. Dit is aansienlik hoër as in die 2023 verslag, toe 34 persent gesê het hulle is geteiken. Die peiling toon dat ‘phishing’-pogings die meeste voorgekom het. Phising is waar swendelaars probeer om verbruikers te kry om persoonlike inligting te openbaar deur middel van bedrieglike e-posse, webwerwe of sosiale plasings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Khadijah Mouton, Standard Bank Namibië se bemarkingsbestuurder, wat sê die publiek moet bewus wees van hierdie swendelary en moenie op enige skakel kliek wat verdag lyk nie.