Dodetal in George-ramp styg

Die George-munisipaliteit sê ʼn konstruksiewerker wat in die hospitaal opgeneem is nadat ʼn gebou Maandag in dié dorp ingetuimel het, is dood. Dit bring die sterftesyfer nou op nege te staan. Die reddingsoperasie duur reeds 88 uur en kenners sê die oorlewingskoers van die 44 werkers wat steeds onder puin vasgekeer is, het tot sowat 33-persent gedaal. Die munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê die reddingspoging is nou in ʼn kritieke stadium.