NUST ondersoek seks-vir-punte bewerings

NUST is besig om ernstige aantygings van seksuele teistering teen ‘n senior lektor te ondersoek. Verskeie vroulike studente het klagtes ingedien by die universiteit se menslike hulpbronne-department, volgens plaaslike berigte. Die lektor het na bewering seks-vir-punte aan vroulike studente aangebied. Die laaste voorval het na bewering verlede maand plaasgevind. Die lektor is glo deur sekuriteitsbeamptes van die perseel af begelei. Na wat berig word het hy ‘n matras, wat hy in sy kantoor gehou het, onder sy arm gedra. Die universiteit sê intussen sy reëls verbied lektore en studente om verhoudings te hê.