Gee staatsgrond vir behuising, Cyril

Behuisingsaktiviste in Kaapstad sê president Cyril Ramaphosa moet die Wet op die Beskikking oor Staatsgrond van 1961 gebruik om staatsgrond vir behuising beskikbaar te stel. Hulle het 12 bykomende aansoeke by die Departement van Openbare Werke ingedien sodat staatsgrond vir bekostigbare behuising vrygestel word. Die aktiviste het reeds 32 stukke grond in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap geïdentifiseer. Die Stad Kaapstad se geïntegreerde plan vir menslike nedersettings sê daar is ongeveer 360-duisend mense op die behuisingswaglys.