
Noa gesels oor mediakonferensie op Swakopmund - May 9, 2023
Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië hou weer sy jaarlikse Erongo-mediakonferensie op Vrydag 2 Junie op Swakopmund. Hierdie inisiatief is in samewerking met die kantoor van die streekgoewerneur. Die kommissie se adjunk-direkteur-generaal, advokaat Erna van der Merwe, sal die media toespreek. Die direkteur-generaal, Paulus Noa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie jaarlikse geleentheid gereël word […]
Presidente loop SAOG Troika mis oor Charles se kroning - May 9, 2023
Die presidente van Botswana, Zimbabwe, Eswatini, Malawi, Lesotho, Zambië, Mosambiek en Angola het kritieke SAOG-beraad oor die sekerheidstroika misgeloop omdat hulle nog in Engeland was vir die kroning van koning Charles III. Die doel van die beraad was om verslag te doen oor bevindinge oor die DRK-konflik en die SAOG-wapenoperasies in Mosambiek se Cabo Delgado te […]
84% van VN se vredesmagte in Afrika ontplooi - May 9, 2023
Ten spyte van die Verenigde Nasies se ongetwyfelde vredesbewaringsuksesse oor die afgelope 75 jaar, sal baie lande wat deur konflik geteister word, nie finaal kan afskeid neem van wapens nie. Dit is volgens Professor Adekeye Adebajo van die Universiteit van Pretoria se Sentrum vir die Bevordering van Vakgeleerdheid. Hierdie maand is die 75ste herdenking van […]
Winter maak Vrydag sy opwagting in Namibië - May 9, 2023
Winter sal Vrydag sy aankoms in die Suide van Namibië maak met koue wat in die Kaap in beweeg. Die sentrale gebied sal teen Saterdag ook begin koud kry en dele van die land kan reën ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met Richard Nashikaku van die Windhoek-weerkantoor gesels.
Lutombi verduidelik kortlys van 7 Chinese maatskappye vir padbouwerk - May 9, 2023
Die Padowerheid het die voorkwalifikasie-proses vir die rehabilitasie van TH 7/1-roete van Usakos na Karibib suksesvol uitgevoer met sewe bieërs wat gekwalifiseer het. Maar al sewe is Chinese maatskappye wat groot kritiek uitgelok het. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Pad-owerheid Conrad Lutombi, oor die omstrede toekenning gesels. Lutombi voeg by […]
Nantu onderhandel steeds vir 8% met GRN - May 9, 2023
Plaaslike media berig dat die onderwysvakbond Nantu steeds met die regering onderhandel vir ‘n salarisverhoging. Die vakbond se sekretaris-generaal Loide Shaanika sê die vakbond vra vir 8 persent, kort op die hakke van die 3 persent wat laat verlede jaar toegeken is. Terwyl sy nie kommentaar wou lewer oor die samesprekings nie, sê sy hulle […]
Pensioengeld-bepaling van Fima sal eers gekonsulteer word, nog nie van krag nie - May 9, 2023
Die omstrede Fima-wetsontwerp is steeds in die nuus. Die finansministerie het weer op sy sosiale media platforms die publiek daaraan herinner dat die bepaling oor die verpligte behoud van aftreevoordele nie in werking sal tree nie. Die finansminister Ipumbu Shiimi sal op 15 Mei Tegniese Advieskomitee oor die kwessie aanstel wat dan konsultasies sal hou […]
Skrywerstaking: Game of Thrones-aanhangers moet wag - May 9, 2023
Die skryf van ‘n nuwe seisoen van “The Handmaid’s Tale” en die komende “Game of Thrones” se voorstorie is halt geroep na die staking deur duisende rolprent- en televisieskrywers. Die skrywers van die Emmy-bekroonde “The Handmaid’s Tale” het ‘n paar vroeë episodes vir ‘n nuwe seisoen geskryf voor verfilming wat veronderstel was om in die laat […]
Fase agt kan die winter ‘n werklikheid wees - May 9, 2023
Die Nasionale Rasionaliste Spesifikasievereniging van Suid-Afrika sê Suid-Afrikaners kan hierdie winter fase agt-beurtkrag verwag. Die voorsitter van die vereniging se bestuurskomitee en voormalige uitvoerende bestuurder van Eskom, Vally Padayachee, sê die huidige netwerkstatus bied geen waarborg dat die land nie verder as fase ses sal gaan nie. Padayachee sê sy organisasie is in die finale […]
Shikongo het nie die mag om byeenkoms te weier nie – Caprivi-groep - May 9, 2023
Die Caprivi Concerned Group se sekretaris-generaal Edwin Samati sê die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo het nie die reg om toestemming te weier vir die party om ‘n saamtrek op 14 Mei te hou. Die party is in 1985 deur Mishake Muyongo, wat in bannelingskap in Denemarke is geskep en wil hê die streek, wat hy […]