Busbestuurder skiet vermeende dief dood

‘n Busbestuurder van Econolux het homself aan die polisie oorgegee nadat hy ‘n vermeende dief in die vroeë oggendure in Galjoenstraat in Kuisebmond op Walvisbaai doodgeskiet het. Dit is nadat die oorledene en twee ander na bewering by die bus ingebreek het. Volgens polisiewoordvoerder, inspekteur Ileni Shapumba, het die 55-jarige busbestuurder, kort nadat hy die bus geparkeer het, ‘n geraas buite gehoor en ondersoek gaan […]

Read More

Openbare werke moet 28 brûe in KwaZulu-Natal bou

Vier distrikte in KwaZulu-Natal het die departement van openbare werke versoek om 28 brûe te bou na verlede maand se verwoestende vloede. Die ramp het meer as 400 lewens geëis en meer as 100 000 mense dakloos gelaat. Die minister van openbare werke, Patricia de Lille, sê die projekte is gemik om met die verwydering […]

Read More

Vroue in Afghanistan moet weer burka dra

Afghanistan se Taliban-regering het vroue beveel om hul gesigte in die openbaar te bedek. ‘n Bevel van die groep se hoogste leier, Haibatullah Akhundzada, het gesê as ‘n vrou nie haar gesig buite die huis bedek nie, haar pa of naaste manlike familielid besoek sal word en moontlike tronkstraf of ontslag uit staatsposte in die gesig staar. Die blou burka wat verpligtend […]

Read More

Fraser-Pryce wens Christine Mboma beterskap toe ná liesbesering

Christine Mboma se droom om weer vir Shelly-Ann Fraser-Pryce van Jamaika, ook in die 100 meter-item te wen, het aan skerwe gespat. Die Namibiese Olimpiese silwer medalje-wenner het ‘n liesbsering opgedoen terwyl sy die 100 meter in Nairobi, Kenia, teen Fraser-Pryce gehardloop het. Dieselfde het verlede naweek in Gaborone met haar oefenmaat Beatrice Masilingi gebeur. Fraser-Pryce het die 100 meter in 10,67 sekondes by […]

Read More

Voorkom brande in informele nedersettings in die winter

Brande kom al hoe meer in informele nedersettings in Namibië voor waar sinkhuise vernietig word, veral tydens die winterseisoen. Inwoners maak vure in of naby hul sinkhuise om warm te bly. Vandeesweek was daar weer ‘n brand in die DRC informele nedersetting op Swakopmund waar vier sinkhuise vernietig is. Die hoof van brandveiligheid en -voorkoming […]

Read More

Action SA soek geen misdadigers in staatsdiens

Action Society het ‘n nuwe veldtog van stapel gestuur in ‘n poging om gewelddadige misdadigers te keer om vir staatsdiensposte oorweeg te word. Die burgerregte-organisasie doen ‘n beroep vir ‘n wysiging aan die Grondwet. Die wysiging sal verhoed dat ‘n veroordeelde persoon, ongeag die tydskaal of vonnis, in die staatsdiens kan dien. Die gemeenskapsveiligheidsdirekteur van […]

Read More

Minstens 22 dood, 77 beseer in ontploffing by Kubaanse hotel

Hotel Saratoga in Havana in Kuba wat deur ‘n ontploffing aan flarde geruk en ineengestort het, sou oor vier dae weer sy deure vir gaste geopen het nadat dit opgeknap is. Ten minste 22 mense is dood en 77 beseer, het President Miguel Diaz-Canel het op die toneel gesê. Hy het bevesetig die ramp by die hotel was beslis nie weens ‘n […]

Read More

Gholfspeler Jason Day is terug op sy voete

Gholf: Jason Day sê hy het uiteindelik sy voete gevind na persoonlike terugslae. Hy het halfpad deur die Wells Fargo-kampioenskap in Charlotte die voortou geneem met tien houe onder baansyfer. Die voormalige wêreld-nommer-een van Australië het laas in 2018 ‘n PGA-toernooi gewen. Hy het tot die 127ste plek op die wereldranglys teruggesak. Day is drie houe voor die Amerikaner Max Homa by Wells […]

Read More

Tsumkwe-jeug kry opleiding in pluimveeboerdery

Die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies het ‘n tweedaagse opleidingswerkswinkel oor pluimveeproduksie aan ‘n groep van tien jeugdiges in Tsumkwe gefasiliteer. Die opleiding vorm deel van die tegniese bystand van die organisasie, wat die voorsiening van ‘n funksionele pluimveestruktuur, pluimveevoer, entstowwe en byna 100 Lohmann Brown-lêhoenders insluit. Ingrid Kavari, ‘n kleinskaalse pluimveeboer van Omaheke-streek wat die opleiding gelei het, het die groep deur […]

Read More

Eskom skort beurtkrag op

Eskom het aangekondig beurtkrag is van 12-uur vanmiddag opgehef ná die opwekkingsvermoë voldoende herstel het. Die kragnutsmaatskappy waarsku die begin van die winter sal tot ‘n groter vraag lei en dit kan die stelsel deur die seisoen belemmer. Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om krag steeds spaarsamig te […]

Read More