
Covid-sterfgevalle daal met 95% vanaf Januarie - April 27, 2023
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Covid-19-sterftes het sedert die begin van die jaar met 95 persent gedaal, maar waarsku dat die virus steeds ‘n gevaar is. Volgens die WGO is Covid hier om te bly, en lande sal moet leer hoe om ditte bestuur. Die WGO-hoof Tedros Adhanom Ghebreyesus, is hulle bemoedig deur die volgehoue afname in […]
Sunak is uit voeling met werkersklas – Starmer - April 27, 2023
Die leier van die Britse opposisie Arbeidersparty, Sir Keir Starmer, het uitgevaar teen die Tory-premier Rishi Sunak. Die land gaan gebuk onder inflasiesyfers van meer as 10 persent en lewenskostes het dramaties gestyg. Starmer sê daar is geen manier wat Sunak dit kan verstaan nie omdat hy self sê hy ken nie een persoon wat […]
Swakopmunders! Stem vir Dorp van die Jaar! - April 27, 2023
Swakopmund is een van die finaliste in die 2023-uitgawe van die Dorp van die Jaar-kompetisie. Die drie dorpe wat deurgedring het na die eindronde van vanjaar se uitgawe van die Dorp van die Jaar-kompetisie is Swakopmund, Oranjemund en Otjiwarongo. Die kompetisie vorm deel van die Toerisme-ekspo wat tans in die hoofstad aan die gang is. […]
Reuse-verskille van prys by plaashek tot winkelrak vir groente aangemeld - April 27, 2023
Die Namibiese Akkerbouraad het die jongste gemiddelde pryse vir groente bekend gemaak. Daar is weer groot gapings tussen die prys by die plaashek en die wat op winkelrak in Windhoek aangeteken word. Yanna Smith het die syfers.
Taakmag vir sakeberedding se voostelle na ‘n jaar nie geïmplenteer nie - April 27, 2023
Ekonome het gereageer op die Besigheidsreddingstaakmag wat sy verslag aan President Hage Geingob ‘n jaar gelede oorhandig het. Geingob het die taakmag, wat saamgestel is van verskeie kenners in verskillende gebiede van die ekonomie, aangestel om te bepaal wat die beste aanslag is om besighede te beredder met die sukkelende ekonomie. Die meeste voorstelle van die taakmag is nog nie geïmplementeer […]
Amushelelo en kie verskyn weer op 12 Mei - April 27, 2023
Die saak van Michael Amushelelo, en sy twee medebeskuldigdes Inna Hengari en Dimbulukeni Nauyoma, is tot 12 Mei uitgestel. Die saak hou verband met klagtes na die mislukte optog teen jeugwerkloosheid op Onafhanklikheidsdag. Hengari en Nauyoma is albei vry op borg van 5 000 Namibiese dollar, maar die staat weier borg vir Amushelelo omdat hy reeds vry is op borg vir twee vorige sake wat dieselfde klagtes inhou. Sy […]
8 000 poste moet by gesondheid gevul word - April 27, 2023
Plaaslike berigte lui dat die gesondheidsministerie op 60 persent van kapasiteit bedryf word as gevolg van personeeltekorte. Uit die meer as 21 000 poste is net meer as 13 000 gevul. Die 2022 verslag oor die werksmag status van gesondheidsorg het die syfers bekend gemaak. Die Hardap-streek het die grootste tekorte aan personeel. Tien streke sê hulle het […]
SA moet nuwe speenkalfmarkte soek - April 27, 2023
Die Suid-Afrikaanse Rooivleis Produsente-organisasie sê daar is kommer oor die speenkalf bedryf met beide Namibië en Botswana wat speenkalwers op die hoef aan die mark in die buurland voorsien. Namibië voorsien 4,6 persent van die buurland se mark terwyl Botswana, 6,7 persent bydra. Volgens die organisasie se voorsitter Gerhard Schutte, het Suid-Afrikaanse verbruikers nie die koopkrag om […]
Namibiërs, al 3, uit Sudan ontruim - April 27, 2023
Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge sê daar was drie Namibiërs in Sudan wat werksaam is vir die Verenigde Nasies en dat hulle veilig ontruim is. Gevegte woed reeds 13 dae in die land met die weermag en die Rapid Support Force paramilitêre groep wat baklei vir beheer. Penda Naanda, woordvoerder van die ministerie het […]
Winde sê as Putin sy voete in die Kaap sit, word hy gearresteer - April 27, 2023
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê indien die Russiese president, Vladimir Putin, sy voete in die provinsie sit, sal die provinsiale regering beamptes van sy Wetstoepassingsbevorderingsplan, oftewel LEAP, opdrag gee om hom aan te keer. Winde sê Suid-Afrikaners vier vandag Vryheidsdag, ʼn herinnering aan die lang en dikwels gewelddadige stryd om demokrasie te vestig. Die […]