
Rugby: RG Snyman speel weer vir Munster - April 12, 2023
Rugby: Die Springbokslot RG Snyman gaan sy Ierse span, Munster, in twee Verenigde Kampioenskapwedstryde in Suid-Afrika verteenwoordig. Hy het onlangs weer begin speel nadat hy herstel het van ‘n vlaag beserings. Snyman hoop steeds hy kan terugkeer na sy beste spelpeil om oorweeg te word vir Suid-Afrika se groep vir die Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Munster […]
Kameras by Thabo Bester se sel was buite werking - April 12, 2023
Twee sentrale beheerbeamptes van die veiligheidsmaatskappy het nie die beleid van die Mangaung Korrektiewe Sentrum gevolg toe Thabo Bester verlede jaar ontsnap het onder die voorwendsel dat hy dood is in ‘n brand nie. Die direkteur van die maatskappy Cobus Groenewoud, het die justisie en korrektiewe dienste-komitee in die parlement ingelig dat dit die maatskappy […]
Dubbele moordverdagte pleeg glo selfmoord - April 12, 2023
‘n Verdagte in ‘n dubbele moord wat by die plaas Josephine in die Dordabis-omgewing gepleeg is, het na bewering voor die polisie en ‘n paar familielede selfmoord gepleeg deur homself te skiet. Die voorval het vandag in die Oshana-streek naby Oshikweyo in die Eheke-nedersetting, plaasgevind. Die voertuig wat glo van die plaas van afgetrede regter […]
DA: SA Toerisme se raadsvoorsitter bedank - April 12, 2023
Die DA sê inligting wat van ‘n fluitjieblaser ontvang is, dui daarop die voorsitter van die raad van Suid-Afrikaanse Toerisme, Thozamile Botha, het bedank. Dit is die gevolg van die debakel oor Tottenham Hotspur se borgskap van ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand. Manny de Freitas van die DA sê die minister van toerisme, Patricia de Lille, […]
Toeriste moet Hawaii se woude help beskerm - April 12, 2023
Die regering van Hawaii oorweeg wetgewing wat sal vereis dat besoekers vir ‘n kaartjie sal moet betaal om staatsparke te besoek. Die Demokratiese goewerneur Josh Green sê die geld wat so ingesamel word, sal gebruik word om die woude en natuurlewe in die gebied te beskerm. Hy sê die instelling van ‘n jaar lange lisensie […]
Brandweermanne pak weer Two Oceans - April 12, 2023
Padwedlope: In ‘n poging om steun en skenkings in te win vir die Vrywilliger-veldbranddiens, gaan twee brandbestryders van die Stad Kaapstad in hulle brandweeruitrustings aan die Twee Oseane-halfmarathon deelneem. Dit is die tweede keer dat Jermaine Carelse en Renaldo Duncan die marathon pak, met die doel om die afstand af te lê in twee-uur-40-minute, of […]
Jeug moet voorleggings by VN indien… hoor hier! - April 12, 2023
Die Verenigde Nasies doen ‘n beroep op die jeug om hul voorleggings vir vanjaar se Plural+ Jeugvideo-fees voor 30 Junie in te skryf. Die voorleggings sal deur ‘n internasionale jurie van bekende kundiges en media-persoonlikhede beoordeel word. Drie spesiale erkennings sal vanjaar toegeken word vir die bestryding van xenofobie en diskriminasie, sport vir een mensdom, […]
Owerheid vir deposito-waarborge dien derde jaarverslag in - April 12, 2023
Die Namibiese Deposito-waarborgowerheid word deur die strukture van die Bank van Namibië geoperasionaliseer. Die owerheid het vandag sy derde jaarverslag vrygestel. Die verslag bied onder andere, die owerheid se onafhanklik geouditeerde finansiële jaarstate vir die boekjaar geëindig 31 Desember 2022 aan. Ebson Uanguta, die voorsitter van die owerheid se raad en adjunk-goewerneur by die sentrale […]
Namibië presteer uiters goed met MIV - April 12, 2023
Namibië se beleggings in die beheer van MIV het gelei tot ‘n afname van 65 persent in die aantal nuwe infeksies, en ‘n afname van 74 persent in MIV-verwante sterftes sedert 2004. Lewensverwagting het met 12 jaar toegeneem van 51 jaar in 2001 tot 63 jaar in 2020. Namibië is een van die eerste sogenaamde […]
R80m vir Oos-Kaapse daggaplaas - April 12, 2023
Die Ntabankulu Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap sê die regering het 80 milljoen Suid-Afrikaanse rand bewillig vir die eerste fase van die bouwerk aan ‘n landboukollege. Die instelling sal plaaslike daggaboere oplei en hulle leer van die kommersialisering- en verwerkingsaspekte van die bedryf. Die burgemeester van Ntabankulu, Tsileng Sobuthongo, sê plaaslike boere wat reeds by […]