Tien jaar, 15 000 diere-sterilisasies, R6,3m - May 10, 2023

Stad Kaapstad het in 2013 die eerste keer hulpfondse aan die Kaap van Goeie Hoop-dierebeskermingsvereniging beskikbaar gestel om ‘n massa-sterilisasieprogram vir troeteldiere in Dunoon en Brown’s Farm te loods. Tien jaar later is byna 15 000 huisdiere teen ‘n koste van meer as 6,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand gesteriliseer. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdiente en Gesondheid, Patricia […]

Read More

City Power soek ook sy geld maar dis 10 miljard - May 10, 2023

Dis nie net NamPower wat sukkel met uitstaande skuld nie. City Power sê hy gaan pogings verskerp om in die komende maande inkomste in te vorder. Inwoners skuld dié instelling sowat 10 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die Johannesburgse kragverskaffer het gewaarsku hy gaan nie langer reageer wanneer hy uitgeroep word na kragonderbrekings by kliënte wat weier […]

Read More

Lüderitz reageer deursigtig en eerlik oor NamPower uitdagings - May 10, 2023

Die Lüderitz-dorpsraad het deursigtig en eerlik gereageer op sy insluiting op NamPower se dokument in verband met uitstaande skuld en beurtkrag wat vanaf 5 Junie toegepas sal word. Die maatskappy sê hy word meer as ‘n miljard Namibiese dollar geskuld. Terwyl ander dorpsrade wankommunikasie en vorige bedelings blameer sê Lüderitz se woordvoerder Elwin !Gaoseb sê […]

Read More

Gryslys sal dalk nie krediegradering raak nie – SARB - May 10, 2023

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank glo dis onwaarskynlik Suid-Afrika se onlangse insluiting op die gryslys van die Finansiële Aksie-taakgroep sal die land se krediet-graderings beïnvloed. Volgens die adjunkpresident van die bank, Fundi Tshazibana, sal krediet-agentskappe die insluiting waarskynlik nie in ʼn negatiewe lig beskou nie aangesien dit neerkom op die verskerping van die taakgroep se monitor-rol en […]

Read More

Harare se cholera word plaaslik gemonitor - May 10, 2023

Zimbabwe se hoofstad Harare is deur ‘n cholera-uitbreking getref. Zimbabwe het sedert Februarie cholera-gevalle aangemeld, en vanaf 2 Mei het dit 620 gevalle en 14 sterftes aangeteken wat vermoedelik met cholera verband hou. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, gepraat wat sê dat hulle voortdurend monitor sou […]

Read More

SA vroue-dirigent werk saam met Alicia Keys - May 10, 2023

Suid-Afrika se eerste swart vroue-dirigent, Ofentse Pitse, het die samewerking met die Grammy-wenner Alicia Keys as ‘n heilige ondervinding beskryf. Sy het ‘n orkes bestaande uit 74 vroue van kleur van oor die wêreld gelei in Alicia Keys se If I Ain’t Got You. Dit was vir Netflix se viering van die bekendstelling van die […]

Read More

Vroeë-kinderontwikkeling onder die loep in Mpumulanga - May 10, 2023

Mpumalanga se LUR vir Onderwys, Bonakele Majuba, sê die departement werk daaraan om die meerderheid kinders tussen nul en vier toegang te gee tot vroeëkinderjare-ontwikkelingsprogramme sodat hulle daarby kan baat. Die programme het ten doel om kinders se reg te beskerm om hulle volle kognitiewe, emosionele, sosiale en fisiese potensiaal te bereik. Die departement se […]

Read More

Privaatsektor moet weer help, regering het (weer) nie geld nie - May 10, 2023

Daar word al hoe meer beroepe op die privaatsektor gedoen om die regering by te staan in wat eintlik sy pligte is. Nou het die onderwysdirekteur in die Erongo-streek, Erenfriede Stephanus, ‘n beroep op die privaatsektor gedoen om die direktoraat by te staan met die opknapping van ou skoolgeboue, en die bou van nuwe skole. […]

Read More

Voedselprogram begin met bystand in Sudan - May 10, 2023

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het begin om kos aan derduisende mense in Sudan af te lewer in die hoop om meer gebiede te bereik, ten spyte van enorme veiligheidsuitdagings. Gevegte tussen die land se militêre magte en die paramilitêre groep Rapid Support Forces, het reeds die lewens van meer as 600 mense geëis. Sowat […]

Read More

Skuldigbevinding van Trump sal geen rol op sy politiek speel nie - May 10, 2023

‘n Strateeg vir die Republikeinse-party Corinne Clark sê sy glo nie die aanklagte van seksuele aanrading teen oudpresident Donald Trump sal enige impak op sy politieke loopbaan hê nie. ‘n New York-jurie het Trump skuldig bevind aan laster en seksuele aanranding in E Jean Carroll se siviele saak en hom beveel om 5 miljoen Amerikaanse […]

Read More