NRU-president trots op Welwitschias

Die nuwe president van die Namibiese Rugby-unie, Petrie Theron, is trots op die Windhoek Draught Welwitschias wat in die finaal is om vir die Wêreldbeker-toernooi te kwalifiseer. Groot opwinding heers oor die Namibiese rugbyspan wat vanaand teen Kenia in die beslissende eindstryd van Rugby Afrika se kwalifiserende toernooi vir die Wêreldbeker te staan sal kom. Die wedstryd skop om nege-uur vanaand in Aix-en-Province in Frankryk af met die wenner wat tot die 2023 Wêreldbeker sal deurdring en in Groep A sal inskakel met die gedugte gasheerspan Frankryk, die All Blacks, Italië en Uruguay. Theron gesels met Kosmos 94.1 Nuus.