DA: Kritieke tekort aan bronne in polisie

Die DA sê die kritieke tekort aan bronne in die polisie moet dringend aangespreek word, asook die gebrek aan gehalte opleiding om sy lede voor te berei vir optrede tydens openbare oproer in die land. Die party het al herhaaldelik voorgestel die polisie versterk bande met die gemeenskaps-wetstoepasssing-strukture en private sekerheidmaatskappye om as magsvermenigvuldiger te dien. Andrew Whitfield sê dit moet voorrang geniet by die polisie, ter voorbereiding vir moontlike verdere gewelddadige oproer.