VN-verslag: Rusland en Oekraïne ewe skuldig aan aanval op verpleeg-inrigting

Die VN se kantoor van die Hoё Kommissaris vir Menseregte het in ʼn nuwe verslag bevind Oekraïne se gewapende magte is ewe skuldig vir ʼn Russiese aanval in Maart op ʼn verpleeg-inrigting in die suidooste van Kiёf. Oekraïnse amptenare het Russiese magte daarvan beskuldig dat hulle meer as 50 weerlose burgerlikes doodgemaak het. Die verslag het egter bevind Oekraïnse soldate het ʼn paar dae voor die aanval stelling ingeneem binne die verpleeg-inrigting, wat die gebou in ʼn teiken omskep het en dus moontlik menslike skilde gebruik het om militêre optrede  te voorkom.