Kiek vir Kietsie of Keffer vir DBV-kalender

Die Dierebeskermingsvereniging van Namibië het ‘n foto-kompetisie van troeteldiere van stapel gestuur wat ses weke sal duur. Troeteldier-eienaars is welkom om foto’s van hul oulike troeteldiere met die DBV te deel. Die troeteldier met die meeste stemme sal in die DBV se kalender van 2023 pryk. Hanna Rhodin, direkteur van die DBV, het bygevoeg dat die publiek welkom is om skenkings te maak. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus die troeteldiere het veral tydens die winter warm komberse en kos nodig.