Beleggings bly traag, veral die wat werk skep - May 6, 2025

In ‘n ontleding deur Cirrus het die vlakke van bruto vaste kapitaalforming sedert 2015 gedaal en die neiging duur steeds voort. Terwyl daar groot beleggings in mynwese is, meen ekonoom Rowland Brown mynboubelegging is kapitaalintensief – goed vir belasting, produksie en netto-uitvoere, maar skep nie ‘n groot aantal werksgeleenthede nie. Die tendens op nie-mynboubelegging is […]

Read More

Winsgewendheid daal in beesvleisbedryf - May 6, 2025

Volgens kenners staar Suid-Afrika se beesvleisbedryf ernstige uitdagings in die gesig. In Limpopo verkoop boere hul stoetdiere, pryse bly laag en insetkoste styg. Landbou-ekonoom professor Johan Willemse deel insigte oor waarom winsgewendheid in die vleisbedryf vinnig besig is om te verdwyn. Volgens Willemse moet boere begin uitvoer. Daar is tans ‘n wanbalans tussen gebruiker en […]

Read More

Twee skorsings, drie gearresteer in belastingbedrog - May 6, 2025

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA het ‘n belasting terugbetalingsbedrog skema ontdek wat gekoppel is aan sy terugbetalingsinisiatief, wat gelei het tot meer as 666 000 Namibiese dollar in onwettige uitbetalings aan 47 belastingbetalers tussen Januarie en April 2025. Die terugbetalings is verwerk met behulp van die persoonlike besonderhede van meestal werklose individue, dikwels sonder hul medewete. […]

Read More

Dwelms, aanlyn slenters oor die langnaweek aangemeld - May 6, 2025

Die Namibiese polisie sê ‘n 31-jarige verdagte is gearresteer nadat hy op Oshakati deursoek is en in besit gevind is van 207 500 Namibiese dollar se dagga. Die voorval het by die Harare Bar op die dorp plaasgevind. Die polisie se ondersoek duur voort en die man sal voorlopig vandag in die hof verskyn. Ook […]

Read More

Uraanuitvoere sal goed presteer, tekorte aanspreek - May 6, 2025

Namibië se uraanuitvoere sal na verwagting vanjaar ongeveer 41,4 miljard Namibiese dollar bereik, aangedryf deur verhoogde wêreldwye vraag as gevolg van die hernieude fokus op kernenergie. Hierdie uitvoere kan volgens die Bank van Namibië help om die land se lopende rekeningstekort as ‘n persentasie van die BBP te verminder, van 15,3 persent in 2024 tot […]

Read More

EIF, Groenwaterstofprogram vergader in Karas - May 6, 2025

Die Omgewingsbeleggingsfonds, in vennootskap met die Namibië Groenwaterstofprogram, bied van 7 tot 9 Mei ‘n werkswinkel vir belanghebbendes in die Karas-streek aan. Dit is om terugvoering in te win oor konsepnotas wat ontwikkel is uit voor-uitvoerbaarheidstudies oor ‘n groen waterstof-aanleg, die Neckartal groenskema en ‘n aflandige windkrag-projek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Romeo Muyunda, […]

Read More

Mashatile verdedig swart ekonomiese bemagtiging - May 6, 2025

Adjunkpresident Paul Mashatile sê ekonomiese regstelling en transformasie het praktiese stukrag gekry deur verskeie wette, ondermeer die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging van 2003, soos gewysig in 2013. Hy sê dit bly ‘n noodsaaklike deel van die land se ekonomiese landskap. Mashatile sê oor die afgelope 22 jaar het die beleid asook wetgewende en […]

Read More

Veiligheids kabinet stem eenparig dat Israel Gaza oorneem - May 6, 2025

Israel se veiligheidskabinet het die uitbreiding van militêre operasies in Gaza goedgekeur, insluitend die oorname van die Palestynse gebied. Die weermag het tien-duisende reserviste vir die aanslag opgeroep. Die plan, wat oornag goedgekeur is, sluit die behoud van gebiede in die beleërde Gazastrook in en val saam met Israel se aanmoediging van inwoners van Gaza […]

Read More

Hou eers terug op gas, mik vir olie-eerste - May 5, 2025

Namibië moet ‘n “olie-eerste”-strategie aanneem namate sy koolwaterstof-sektor nader aan kommersialisering beweeg. Bedryfskundiges sê olieprojekte vorder vinniger as gasontwikkelings en moet geprioritiseer word. Paul Eardley-Taylor, die hoof van olie- en gasdekking vir Suidelike Afrika by Standard Bank, sê die tempo van olie-ontdekkings en produksie-gereedheid oortref dié van gas, wat ‘n langertermyngeleentheid bly. Hy meen dat […]

Read More

Trump se tariewe is manipulasie, afpersing – Malema - May 5, 2025

Die leier van die EFF, Julius Malema, sê sedert Amerika se president, Donald Trump, in Januarie in die amp getree het, is hy betrokke by sogenaamde manipulasie en afpersing as sy vorm van diplomasie. Malema het die naweek die tweede vergadering van die Sentrale Bevelspan in Bela-Bela in Limpopo toegespreek. Hy sê Trump het met […]

Read More