Beleggings bly traag, veral die wat werk skepMay 6, 2025

In ‘n ontleding deur Cirrus het die vlakke van bruto vaste kapitaalforming sedert 2015 gedaal en die neiging duur steeds voort. Terwyl daar groot beleggings in mynwese is, meen ekonoom Rowland Brown mynboubelegging is kapitaalintensief – goed vir belasting, produksie en netto-uitvoere, maar skep nie ‘n groot aantal werksgeleenthede nie. Die tendens op nie-mynboubelegging is volgens Brown uiters kommerwekkend, en dit is die leidende aanwyser vir werkskepping en herstel van ons uiters hoë werkloosheidsvlakke. Hy voer aan dat enigiets wat dit moeiliker maak om te belê en vir besighede om te oorleef is ekonomiese en sosio-ekonomiese selfmoord.