
Concorde 001 word museum - May 6, 2025
Die eerste Concorde supersoniese passasiersvliegtuig is as ’n historiese monument omskep. Concorde 001, die eerste van 20 vliegtuie wat gebou is, was die eerste wat in 1969 met ’n toetsvlug opgestyg het, en word nou gehuisves in die Aeroscopia-museum buite Toulouse. Die Concorde is in 1976 kommersieel in diens geneem en het reisigers in net […]
Swakop begroot groot op paaie, veral na swaar reën - May 6, 2025
Die Swakopmund-munisipaliteit het sy 2025 begroting vrygestel, na die dorp infrastruktuurskade gely het na swaar reën. Daar is 27,4 miljoen Namibiese dollar toegewys vir die opgradering en instandhouding van paaie, terwyl 450 000 dollar toegeken is vir verbeteringe aan toerisme-ondernemings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Linda Mupupa, die munisipaliteit se woordvoerder, wat meer inligting […]
Steenkool kan steeds krag opwek, dit handel net oor tegnologie - May 6, 2025
Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa daag die opvatting uit dat Suid-Afrika se afhanklikheid van steenkool nie strook met sy klimaatsverbintenisse nie. Hoewel steenkool verantwoordelik is vir die opwekking van meer as 80-persent van die land se elektrisiteit, is die regering verbind om na skoner alternatiewe energiebronne soos son- en windkrag oor te […]
Rwanda vry na gedeporteerde VSA-immigrante - May 6, 2025
Rwanda se minister van Buitelandse Sake, Olivier Nduhungirehe, het bevestig dat hulle in die vroeë stadiums van gesprekke is om immigrante wat uit die VSA gedeporteer is, te ontvang. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het verlede week gesê hy soek na meer lande om mense in te neem. Dit volg te midde […]
Amerikaanse aansoeke vir emigrasie skiet die hoogte in - May 6, 2025
Regeringsdata oor visums en burgerskap, sowel as onderhoude met agt hervestigingsfirmas, dui daarop dat ‘n toenemende aantal Amerikaners oorweeg om na Europa te verhuis in die nasleep van Trump se herverkiesing. Reuters berig Amerikaanse aansoeke vir Ierse paspoorte is op hul hoogste vlak in ‘n dekade in die eerste twee maande van hierdie jaar. Die […]
ECB vra vir basislading-kragsentrale - May 6, 2025
Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n beroep gedoen op die insluiting van ‘n basislading-kragsentrale in die land se toekomstige energiebeplanning, en beklemtoon dat so ‘n fasiliteit noodsaaklik is om Namibië se elektrisiteitsvoorsiening te verseker te midde van hoë afhanklikheid van invoere. So ‘n sentrale verseker ‘n konstante toevoer van elektrisiteit om aan die minimum energievraag van ‘n […]
Geowetenskap-wet is verdoeselde grondgrype - May 6, 2025
Die Mining Affected Communities United in Action sê voorgestelde veranderinge aan die Wet op Geowetenskap is ‘n bedreiging vir grondregte en kom neer op verdoeselde grondgrype. Hulle waarsku hierdie wysigings sal staatsagentskappe toegang bied tot grond vir geologiese kartering sonder die gemeenskap se toestemming. Magnificent Mndebele van MACUA sê dit ondermyn grondwetlike regte en sluit […]
Geregshof gooi Soedan se VAE-saak uit - May 6, 2025
Die Internasionale Geregshof het Soedan se saak om die Verenigde Arabiese Emirate aanspreeklik te hou vir volksmoorde in Wes-Darfoer afgewys. Soedan het sy saak teen die Emirate in Maart aanhangig gemaak en hulle beskuldig dat hulle die Rapid Support Forces in die Soedanese burgeroorlog bewapen het. Dodelike konflik het in April 2023 uitgebreek toe die […]
Withuis sê geen finale besluit oor Hollywood-tariewe nie - May 6, 2025
Die Withuis sê geen finale besluit is nog geneem oor die heffing van nuwe tariewe op rolprente wat buite die VSA vervaardig word nie. President Donald Trump het op Truth Social aangekondig dat hy sy administrasie opdrag gegee het om onmiddellik ‘n 100-persent heffing op buitelandsvervaardigde rolprente in te stel. Dit is onbekend watter dienste […]
Man verkrag meisie, 3, kleinkind van sy vriendin - May 6, 2025
Die Namibiese polisie sê ‘n man, 31 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal vandag in die hof verskyn op klagte dat hy ‘n meisie van drie verkrag het. Volgens die mag het die voorval Sondag in Wanaheda voorgekom en die man is die intieme vriend van die slagoffer se ouma. Haar ouderdom is […]