N$24m-belegging in Namibiese druiwe  - April 14, 2025

Die Namibia Grape Company het ‘n belegging van 24 miljoen Namibiese dollar aangekondig om sy wingerde en infrastruktuur op te knap. Uitvoere van die projek, onder die Namibiese Jeugdiens het in die 2024/25 seisoen met 43 persent gegroei en 1 200 mense is aangestel. Belinda Hamburee, skakelbeampte by die diens, het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Herrie oor Khoekhoegowab in laerskool  - April 14, 2025

‘n Groot gemeenskapsvergadering is gehou ná die hoof van die Auas-laerskool in Dolam in die hoofstad daarvan beskuldig is dat hy plaaslike Damara/Nama-leerders opsy sit ten gunste van nie-plaaslike leerders en dat hy poog om Khoekhoegowab uit die kurrikulum te verwyder ten spyte van die skool se Damara/Nama-wortels. Kosmos 94.1 Nuus het met Khomanin-aktivis Shaun […]

Read More

SA stuur oudfinansminister na Amerika  - April 14, 2025

President Cyril Ramaphosa het die voormalige adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, as sy spesiale gesant na die VSA aangestel. Jonas sal Suid-Afrika se diplomatieke en ekonomiese belange verteenwoordig en met Amerikaanse regeringsamptenare en sakeleiers in gesprek tree om bilaterale bande te versterk. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Jonas het voorheen gedien as een van […]

Read More

DA nou gewilder as die ANC  - April 14, 2025

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die DA het die ANC die eerste keer verbygesteek in sy openbare meningspeiling. Die DA het 30,3-persent steun en die ANC 29,7, met die begrotingsvoorstel om BTW te verhoog wat aansienlik tot hierdie verskuiwing bygedra het. Die IRV sê die DA se steun onder swart kiesers het van vyf tot […]

Read More

Zuckerberg, VSA-handelkommissie klim in kryt - April 14, 2025

Die sosiale media-reus, Meta, se antitrust-hofsaak teen die Amerikaanse Federale Handelskommissie begin vandag in Washington. Die kommissie voer aan die eienaar, Mark Zuckerberg, se verkryging van Instagram en WhatsApp in onderskeidelik 2012 en 2014, was onwettig en moes nooit goedgekeur gewees het nie. Hy beweer dit verhoed dat maatskappye kan meeding en gee hom dus […]

Read More

Ligter VK-visumvereistes goeie nuus vir Namibiërs  - April 14, 2025

Tydens ‘n besoek aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah, het Charles Moore, die Britse hoë kommissaris, aangekondig dat Brittanje visumvereistes vir Namibiërs wil verlig. Moore se termyn in Namibië het tot ‘n einde gekom, en hy vertrek op 17 April terug na die Verenigde Koninkryk. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die […]

Read More

Al meer onderwysers in SA gebruik vals kwalifikasies  - April 14, 2025

Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, doen ʼn beroep op die Departement van Basiese Onderwys om onmiddellik op te tree teen bedrieglike kwalifikasies in die onderwyssektor. Die Suider-Afrikaanse Bedrogvoorkomingsdiens sê hulle merk ʼn toename in vals kwalifikasies op. Makaneta sê die departement kan nie bekostig om onderwysgehalte in gevaar te stel deur ongekwalifiseerde individue toe te laat […]

Read More

Skepe moet groener raak óf opdok - April 14, 2025

Van 2028 af gaan skepe ʼn globale koolstofbelasting van 1 800 per ton betaal tensy hulle skoner brandstof gebruik of tot die netto-zero-fonds bydra. Die ooreenkoms wat 60 lande deur die Internasionale Maritieme Organisasie onderteken het, wil skepe se vrystelling, wat tans drie-persent van kweekhuisgasse uitmaak, verminder. In die Noordoos Atlantiese Oseaan is ʼn strenger […]

Read More

Alcaraz wen in Monte Carlo - April 14, 2025

Die viermalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, is weer die wêreld-nommer-twee nadat hy die Monte-Carlo-meesterstitel ingepalm het. Die Spanjaard het die Italianer Lorenzo Musetti in drie stelle verslaan om sy sesde ATP-meesters-een-duisend-titel te verower. Jannik Sinner van Italië is steeds boaan die ATP-ranglys terwyl Alexander Zverev van Duitsland na die derde plek teruggesak het. Alex de […]

Read More

Deposito-waarborgowerheid beskerm jou - April 14, 2025

Die Namibië Deposito-waarborgowerheid, NDGA, het sy jaarverslag vrygestel. Die owerheid is ‘n openbare instelling wat die Deposito-waarborgskema en NDGA-fonds bestuur en administreer. Die skema is daarop gemik om deposante te beskerm in geval van bankmislukkings. Die uitvoerende direkteur van finansies, Michael Humavindo, het die hooftoespraak by die vrystelling namens finansminister Ericah Shafudah gelewer. Hy het […]

Read More