
Zelensky nooi Trump na Oekraïne - April 14, 2025
Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het Donald Trump genooi om sy land te besoek vóór enige ooreenkoms met Rusland om die oorlog te beëindig. Die onderhoud met CBS se 60 Minutes-program is opgeneem voordat ’n Russiese missiel die stad Soemi getref het. Altesame 34 mense is dood en 117 ander beseer. Die Amerikaanse president het die aanval […]
Vloede ontwrig derduisende leerders - April 14, 2025
Meer as 30 000 leerders se onderrig is ontwrig deur die sluiting van 87 skole in die Noorde weens vloede. Klaskamers is in Ohangwena, Omusati en Oshana is deur die water vernietig. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie van Jessy Abraham, woordvoerder van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, verkry, wat sê die ministerie weet die streke […]
Afrika Siektebeheer vra selfstandigheid met befondsing - April 14, 2025
Die direkteur-generaal van die Afrika Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming, Jean Kaseya, sê Afrika moet tasbare oplossings hê om sy gesondheidsorgstelsel te handhaaf. Dit volg nadat die G20-gesondheidsorgberaad in Johannesburg die behoefte vir Afrika-gesentreerde oplossings beklemtoon het, ná die einde van Amerikaanse skenkings. Hy het in ‘n onderhoud met SABC News gevra vir meer binnelandse […]
Trump dreig met nuwe tariewe op slimfone - April 14, 2025
Amerikaanse president Donald Trump sê Chinese vervaardigde slimfone en ander elektronika sal nie van tariewe vrygestel word nie. ’n Amerikaanse doeane-kennisgewing Saterdag het aangedui dat slimfone, rekenaars en ander elektroniese toestelle uitgesluit sal word van die 125 persent-tarief op goedere uit China. Trump het egter gesê hulle skuif slegs na ‘n ander groep heffings. Europese […]
VSA, Japan beklink laaste twee plekke in Billie Jean Kingbeker-eindtoernooi - April 14, 2025
Die tafel is nou gedek vir die eindtoernooi van die Billie Jean Kingbeker-spankompetisie vir vroue in Shenzhen, China, in September. Amerika en Japan het die laaste twee lande geword wat kwalifiseer ná oorwinnings oor onderskeidelik Slowakye en Kanada. Die ander deelnemers is die gasvrou, die verdedigende kampioen, Italië, en die wenners van die ander vier […]
Beurtwater tref Arandis - April 14, 2025
Beurtwater word vandag op Arandis ingestel aangesien ‘n swaelopwelling in die see NamWater se watervoorsiening van die Orano-ontsoutingsaanleg onder druk plaas. Reservoirvlakke op Arandis het tot onder 30 persent geval, terwyl dié op Swakopmund minder as die helfde is. Beurtwater in Arandis sal tot Vrydag duur. Kosmos 94.1 Nuus het die woordvoerder van NamWater, Lot Ndamanomhata, […]
Napso-atlete toer na Europa - April 14, 2025
Die Namibiese privaatskole-organisasie, Napso, beplan ‘n atletiektoer na Europa in Junie. Die span Namibiese atlete sal uit tien meisies en tien seuns bestaan, meestal hoërskoolleerlinge. Die span sal aan byeenkomste in Estonia en Swede deelneem. Hulle vertrek op 14 Junie kom weer op 1 Julie in Namibië aan.
Vier se turf sit ná moord, veediefstal - April 14, 2025
Vier mans wat van veediefstal en die moord op ‘n ondersoekbeampte in die Gobabis-distrik in Desember 2012 aangekla is, is vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind. Waarnemende regter Alfred Siboleka het drie van die vier beskuldigdes – Stockley Kauejao, Matheu Kakururume en Muvare Kaporo – skuldig bevind op ‘n aanklag van moord. Kauejao, Kakururume, Kaporo en ‘n […]
Slaggate kan straks ‘n gat in die beursie stop - April 14, 2025
Die deurwinterde ekonoom dr. John Steytler het ‘n blink plan vir werkskepping. Die vrywilligers wat tans slaggate in die hoofstad regmaak in ruil vir skenkings van motoriste, bied ‘n hupstoot aan die voetsoolvlak ekonomie. In sy mening moet die herstel van paaie ‘n gemeenskapsgebaseerde benadering neem om werklose jeug op te lei om die paaie […]
Namibië se damme amper 91% vol - April 14, 2025
Die damme in die sentrale gedeelte van Namibië is tans 88,4 persent vol, vergeleke met die skrale 19 persent van die vorige seisoen. Luidens NamWater se jongste damverslag is Swakoppoort tans 100 persent vol, Von Bach staan op 79,8 persent en Omatako op 81 persent. Die Suide se damme is nou 94 persent vol, teenoor […]