Namibië se damme amper 91% vol April 14, 2025
Die damme in die sentrale gedeelte van Namibië is tans 88,4 persent vol, vergeleke met die skrale 19 persent van die vorige seisoen. Luidens NamWater se jongste damverslag is Swakoppoort tans 100 persent vol, Von Bach staan op 79,8 persent en Omatako op 81 persent. Die Suide se damme is nou 94 persent vol, teenoor bykans 63 persent verlede seisoen. Beide die Naute- en die Neckertaldamme loop oor, terwyl Hardap op 77,7 persent staan. Damme in die Gobabis-omgewing is 45,4 persent vol, vergeleke met 3,3 persent verlede jaar. Namibië se totale dammestand is tans 90,5 persent, waar dit die vorige seisoen net 55,6 persent was.