SA afvaardiging spreek misverstande by Withuis aan - April 2, 2025

ʼn Suid-Afrikaanse afvaardiging onder leiding van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se direkteur-generaal, Zane Dangor, het onlangs met senior Withuis-amptenare vergader. Die doel was om die land se posisie oor omstrede kwessies soos die Onteieningswet te verduidelik. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê tydens die besprekings is misverstande aangespreek oor wat sommige […]

Read More

Ingewikkeldste polshorlosie ooit bekend gestel - April 2, 2025

Die Switserse horlosiemaker, Vacheron Constantin, se jongste skepping word beskryf as die ingewikkeldste polshorlosie wat nóg gemaak is. Die eenmalige ontwerp, Solaria, is van 18-karaat witgoud gemaak en bevat meer as 200 diamante. Dit bestaan uit 1 521 afsonderlike onderdele terwyl ʼn gewone meganiese horlosie gemiddeld 130 het. Vacheron Constantin se styl- en erfenisdirekteur, Christian […]

Read More

Wawrinka kry sy eerste ATP-toer-oorwinning van seisoen - April 2, 2025

Tennis: Stan Wawrinka van Switserland het sy eerste toer-sege van die seisoen in die eerste ronde van die Tiriac Ope in Boekarest, Roemenië, behaal toe hy die kwalifiseerder, Timofey Skatov van Kasakstan geklop het. Wawrinka is die derde speler van 40 of ouer wat sedert 1980 ʼn ATP-toer- of Grand Slam-wedstryd op klei wen. Die […]

Read More

SME herstel-leningskema betaal amper alle 2024-fondse uit - April 2, 2025

Die Bank van Namibië se SME ekonomiese herstel-leningskema het teen die einde van verlede jaar 462 miljoen Namibiese dollar uitbetaal, wat 92,4 persent van die toegewysde 500 miljoen dollar beloop. Die skema is ‘n leningsfasiliteit wat deur die Bank van Namibië gestig is in samewerking met die finansministerie, wat daarop gemik is om die klein- […]

Read More

AfriForum soek sanksies teen Malema - April 2, 2025

AfriForum doen ‘n beroep op die internasionale gemeenskap om sankies toe te pas op die leier van die EFF, Julius Malema, vir vermeende menseregteskendings gekoppel aan die Kill the Boer-dreunsang. AfriForum sê Suid-Afrika se howe het misluk om Malema verantwoordbaar te hou. Uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê AfriForum is besig met die opstel van ‘n […]

Read More

Rusland sê ‘nyet’ vir VSA se skietstaking-voorstel - April 2, 2025

Rusland sê hy kan nie Amerika se voorstel vir ‘n skietstaking in Oekraïne aanvaar sonder om die hoofoorsake van die oorlog in aanmerking te neem nie. President Vladimir Putin se eise as voorwaardes vir die skietstaking sluit in dat Oekraïne moet erken dat Rusland die Krimgebied en vier gedeeltelik besette gebiede in die suidooste geannekseer […]

Read More

Twee Oseane-marathon verwag meer as 30 000 atlete - April 2, 2025

Padwedlope: Die Stad Kaapstad sê meer as 30 000 atlete sal die naweek aan die 54ste Twee Oseane-marathon deelneem. Saterdag se ultra-marathon strek oor 56 kilometer van Nuweland tot by die Universiteit van Kaapstad aan die voet van Tafelberg. Die half-marathon van 21,1 kilometer vind Sondag plaas. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, […]

Read More

DRK-gevegte ontwrig handel met Namibië - April 2, 2025

Onrus in die DRK het handel met Namibië erg ontwrig. Daar is tans geen Namibiese vragmotors by die Kasumbalesa-grenspos nie. Precious Njekwa, distrikskommissaris van die Chililabimbwe-distrik in die DRK, het met die nasionale uitsaaier gepraat, wat sê veiligheid het ná gesprekke met DRK-amptenare verbeter.

Read More

SA Mediese Vereniging lê alternatiewe NGV-plan voor - April 2, 2025

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het ‘n alternatiewe gesondheidsorg-raamwerk aan die Presidensie voorgelê. Die plan beoog om regverdigheid, doeltreffendheid, en volhoubaarheid in the openbare en die privaat sektor te verbeter. Die plan stel gedesentraliseerde gesondheidsorg-bestuur, die skeiding van befondsing en aankope voor, asook die uitbreiding van mediese skemas om die finansiële las te verminder. Die ondervoorsitter […]

Read More

‘A Minecraft Movie’ met Jack Black vrygestel - April 2, 2025

Met topakteurs en ‘n reusebegroting, hoop “A Minecraft Movie” wat hierdie week vrygestel word, om in die voetspore te volg van Super Mario Bros deur ‘n rekenaarspeletjie in ‘n wêreld fliekfenomeen te verander. Kritici wat beperkte toegang tot die fliek gehad het voor vandag se teatervrystelling, met die wêreldpremière Sondag in London, is gevra om […]

Read More