DRK-gevegte ontwrig handel met Namibië - April 2, 2025

Onrus in die DRK het handel met Namibië erg ontwrig. Daar is tans geen Namibiese vragmotors by die Kasumbalesa-grenspos nie. Precious Njekwa, distrikskommissaris van die Chililabimbwe-distrik in die DRK, het met die nasionale uitsaaier gepraat, wat sê veiligheid het ná gesprekke met DRK-amptenare verbeter.

Read More

SA Mediese Vereniging lê alternatiewe NGV-plan voor - April 2, 2025

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het ‘n alternatiewe gesondheidsorg-raamwerk aan die Presidensie voorgelê. Die plan beoog om regverdigheid, doeltreffendheid, en volhoubaarheid in the openbare en die privaat sektor te verbeter. Die plan stel gedesentraliseerde gesondheidsorg-bestuur, die skeiding van befondsing en aankope voor, asook die uitbreiding van mediese skemas om die finansiële las te verminder. Die ondervoorsitter […]

Read More

‘A Minecraft Movie’ met Jack Black vrygestel - April 2, 2025

Met topakteurs en ‘n reusebegroting, hoop “A Minecraft Movie” wat hierdie week vrygestel word, om in die voetspore te volg van Super Mario Bros deur ‘n rekenaarspeletjie in ‘n wêreld fliekfenomeen te verander. Kritici wat beperkte toegang tot die fliek gehad het voor vandag se teatervrystelling, met die wêreldpremière Sondag in London, is gevra om […]

Read More

Punjab Kings klop Lucknow Super Giants oortuigend - April 2, 2025

Krieket: Die Punjab Kings het agtereenvolgende oorwinnings in die Indiese Premierliga behaal na ʼn agt-paaltjie-sege oor die Lucknow Super Giants. Arshdeep Singh het vier paaltjies platgetrek en LSG is tot 171 vir sewe beperk. In antwoord het Prabhsimran Singh 69 van 34 balle behaal terwyl kaptein Shreyas Iyer ʼn onoorwonne 52 bygedra het. Punjab het […]

Read More

Okavango styg, Kunene ‘n raps laer - April 2, 2025

Die Okavangorivier by Rundu vloei hoog op 6,32 meter, hoër as 6,25 meter die vorige dag. Verlede jaar dieselfde tyd het die rivier 5,70 meter gemeet. Volgens die Namibiese Hidrologiese Diens het die Kunene by Ruacana effens gedaal en vloei tans teen 943,3 kubieke meter per sekonde. By Katima Mulilo vloei die Zambezi teen 4,50 […]

Read More

SA soek R440 miljard vir elektrisiteitsnetwerk - April 2, 2025

Suid-Afrika se elektrisiteit-minister, Kgosientsho Ramokgopa, sê die land benodig 440-miljard Suid-Afrikaanse rand om die elektrisiteitsnetwerk te moderniseer en uit te brei. Die plan sluit die opgradering van transmissie-infrastruktuur in om energie-sekerheid te verbeter en hernubare krag te ondersteun. Ramokgopa het aan die media gesê die staat se finansiële beperkings beteken die regering moes hom wend […]

Read More

Meer as 25 uur: Langste Senaat-toespraak ooit in Amerika - April 2, 2025

New Jersey se Demokratiese senator, Cory Booker, het die langste toespraak ooit in die Amerikaanse Senaat gelewer. Hy het 25 ure en vier minute gepraat wat langer is as wyle senator Strom Thurmond se toespraak in 1957 teen die Wet op Burgerregte wat 24 ure en 18 minute geduur het. Booker het die poging as […]

Read More

Man City-doelskieter Haaland vir tot 7 weke buite aksie - April 2, 2025

Sokker: Manchester City se ster-doelskieter, Erling Haaland, kan vir tot sewe weke buite aksie wees nadat hy ‘n enkelbesering opgedoen het. Die Noorweër het die veld verlaat gedurende Sondag se oorwinning oor Bournemouth in die kwarteindronde van die FA-beker. Hoofafrigter Pep Guardiola sê hulle hoop Haaland kan fiks wees teen die einde van die seisoen […]

Read More

SA Onder-19 manspan op pad vir eendagkrieket-reeks - April 2, 2025

Krieket Namibië en Krieket Suid-Afrika het ‘n reeks van drie eendagwedstryde van 50 boulbeurte elk aangekondig tussen die Suid-Afrikaanse Onder-19 manspan en ‘n Krieket Namibië-elftal. Die reeks sal van 28 April tot 2 Mei in Windhoek gespeel word by Namibië se nuwe krieketgronde, die FNB Namibia-krieketstadion, sowel as die High Performance Oval. Albei gronde sal […]

Read More

Nuwe Windhoek-München vlugroete gaan impak maak - April 2, 2025

Namibië se status as ‘n uitsoek-bestemming het ‘n hupstoot gekry met Discover Airlines se instelling van ‘n direkte roete tussen Windhoek en München in Duitsland. Die eerste vlug was Dinsdag. Kosmos 94.1 Nuus het met Roux-ché Locke, korporatiewe skakelbestuurder van die O&L-groep, oor die impak van die nuwe verwikkeling gepraat.

Read More