Spanje nader VN oor Gaze-honger, -sterftes - May 8, 2025

Spanje gaan ’n konsep-voorstel by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering indien oor dringende maatreëls om die dood van onskuldige burgerlikes te stop en humanitêre hulp in Gaza te verseker. Eerste minister Pedro Sanchez het aan sy Parlement gesê die internasionale gemeenskap is nie ongeërg oor wat in die Palestynse gebied gebeur nie. Israel het […]

Read More

Wêreld se rykstes veroorsaak meeste aardverwarming - May 8, 2025

Navorsers sê die wêreld se rykste 10-persent mense is sedert 1990 verantwoordelik vir twee derdes van aardverwarming. Die eerste studie wat die uitwerking van gekonsentreerde privaat rykdom op uiterste klimaatgebeurtenisse bepaal, het bevind dat die manier waarop die rykes verbruik en belê, die risiko van dodelike hittegolwe en droogtes aansienlik verhoog het. ’n Wetenskaplike van […]

Read More

N$445m vir 3 000 huise - May 8, 2025

Die regering het 445 miljoen Namibiese dollar toegeken vir die konstruksie van 3 000 wooneenhede regoor die land as deel van sy voortgesette pogings om die nasionale behuisingstekort aan te spreek. Die lynminister James Sankwasa, sê die wooneenhede sal gelewer word deur ‘n kombinasie van inisiatiewe en regeringsbefondsde programme soos die Massabehuisingsontwikkelingsprogram en die Build […]

Read More

Vennootskappe van Wes-Kaapse landbou verwelkom - May 8, 2025

Die DA het die hernuwing van belangrike Memorandums van Verstandhouding tussen die Wes-Kaapse Departement van Landbou en groot kommoditeitsorganisasies verwelkom. Hierdie vennootskappe is gemik op die ondersteuning van boereontwikkeling deur mentorskap, opleiding en toegang tot markte, wat begunstigdes van grondhervorming bevoordeel. Woordvoerder van die DA, Noko Masipa, sê die samewerking versterk voedselsekerheid en landelike ekonomieë:

Read More

Kragverbinding tussen Zambië, DRK vorder - May 8, 2025

Die Energiereguleringsraad van Zambië het die Kalumbila-Kolwezi-interkonneksie-projek goedgekeur. Dit is ‘n 330 kilovolt transmissielyn van 200 kilometer wat Zambië se Noordwestelike Provinsie met die Demokratiese Republiek die Kongo verbind. Die projek van ongeveer 5,1 miljard Namibiese dollar het ten doel om streekskraghandel te versterk en privaat beleggings in energie-infrastruktuur te lok. Die transmissielyn sal aansluit […]

Read More

Biden spoel sy mond uit oor Trump - May 8, 2025

Oudpresident Joe Biden het sy eerste onderhoud sedert hy die Withuis verlaat het aan die BBC toegestaan. Hy het gepraat oor sy nalatenskap, buitelandse beleid en sy siening van president Donald Trump se eerste 100 dae. Hy sê hy het min spyt, maar hy het ernstige waarskuwings oor globale sake gelewer terwyl Europa 80 jaar […]

Read More

Plaasmoord: Werkers skuldig bevind  - May 8, 2025

Twee plaaswerkers, Bernadus Afrikaner en Salathuel Unaeb is albei skuldig bevind op die moord van Gobabis-plaaseienaars Armin Riedel, 68, en sy vrou, Brunhild, 66 in Januarie 2018. Die egpaar se oorskot is verbrand na hulle huis deur die twee aan die brand gesteek is na die moord. Beide Afrikaner en Unaeb het vir die Riedels […]

Read More

Inligting sal fokus op kubersekuriteit, netwerk en meer  - May 8, 2025

Inligtingminister Emma Theofelus het haar begrotingsrede in die Nasionale Vergadering gelewer. Sy het beklemtoon dat die ministerie beoog om die netwerk met behulp van vennote uit te brei na kiesafdelings met swak of geen dekking. Kubersekuriteit sal aandag geniet, terwyl die Kubermisdaad-wetsontwerp en wysigings aan die Kommunikasiewet vanjaar voor die parlement sal kom. 

Read More

Trump se tariewe laat Fed terughou  - May 8, 2025

Die Amerikaanse sentrale bank waarsku dat president Donald Trump se tariewe soveel onsekerheid geskep het dat hy onseker is wat om met rentekoerse te doen. Die Federale Reserweraad het rentekoerse onveranderd gehou, ten spyte van druk van Trump om leenkoste te verlaag. Die voorsitter van die raad, Jerome Powell.  Die besluit was die derde agtereenvolgende […]

Read More

Kortlys vir koningin Elizabeth se gedenkmonument bekend  - May 8, 2025

’n Finale kortlys van vyf voorgestelde ontwerpe vir die nasionale gedenkmonument vir koningin Elizabeth die Tweede is deur die Britse regering onthul. Die monument wat die lewe van Brittanje se langsdienende monarg, wat in September 2022 oorlede is, herdenk, sal in Sint Jamespark in sentrale Londen opgerig word. Drie van die vyf voorgestelde ontwerpe beeld […]

Read More