KZN staar weer vloede en skade in die gesigApril 15, 2025
Die eThekwini Munisipaliteit versoek inwoners om uiters versigtig te wees tydens die gure weerstoestande wat tot môre sal voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n vlak 4-weerwaarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën en wydverspreide buie in die hele KwaZulu-Natal. Die munisipaliteit se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê die aanhoudende reën kan lei tot die oorstroming van paaie en nedersettings, gevaarlike bestuurstoestande, skade aan infrastruktuur en die vernietiging van modderhutte: