Op die vooraand van 33 jaar van vryheid lyk dinge maar treurig

Op die vooraand van Namibië se 33ste herdenking van Onafhanklikheid, kom die nuus dat meer as 357 000 Namibiese kinders geregistreer is vir die kwesbare kinder-toelaag. Die getal kinders het sedert 2011 van net meer as 150 000 tot die huidige syfer gestyg. Die regering hou voet by stuk dat sy dekking verbeter en daarom […]

Read More

EFF se nasionale stilstand is vandag, Giwusa maak saam

Alle oë is op Suid-Afrika vandag met die EFF se sogenaamde nasionale afsluiting. Die General Industries Workers Union of South Africa het sy steun herbevestig vir die EFF se nasionale afsluiting vandag. Die EFF het sakeondernemings gedreig en gesê hulle moet sluit om plundering te vermy. Die party eis die bedanking van President Cyril Ramaphosa. […]

Read More

Karibib ken ongeadverteerde tender, met net een bieër, toe

Die Tender Bulletin berig dat daar meer vrae as antwoorde is met ‘n tender vir geslotekring-televisie vir Karibib. Die munisipaliteit het nie die tender geadverteer nie en daar was net een bieër, wat die kontrak ontvang het en 63 000 Namibiese dollar daaruit sal verdien. Die publikasie sê die tender se verwysingsnommer wek ook kommer […]

Read More

So lyk die reën die week – en dis goeie nuus…

Die sogenaamde nimmereindigende sikloon Freddy het amok in Madagaskar, Mosambiek en Malawi gesaai en Namibië in sy goeie reënmaand van Februarie van reën beroof. Regoor Namibië het boere landwyd Sondag ‘n biddag vir reën gehou. Freddy het gelukkig gewyk en die bekende Namibiese weerkenner van Aranos, George van der Merwe, sê Namibië se weersomstandighede is […]

Read More

Beurtkrag is terug… tot ten minste Woensdag

Eskom het fase-een beurtkrag ingestel van vyf-uur tot vanoggend vier-uur vanmiddag. Daarna sal fase twee tot môreoggend vyf-uur volg. Beurtkrag is Sondag opgeskort weens ‘n verbetering in die werkverrigting van kragstasies. Beurtkrag sal weer van vyf-uur môre-oggend tot vieruur môremiddag opgeskort word, en dan sal fase twee tot Woensdag-middag om vier-uur ingestel word. Eskom se […]

Read More

Nampol bevestig 5 minderjarige verkragtings

Vyf minderjarige meisies is volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag verkrag. Hul ouderdomme wissel tussen sewe en 14 jaar oud. Die beweerde verkragtings het op Onesi in die Omusati-streek, Ncuse in Kavango-Oos, Epembe in die Kunene en Okatope en Ongwediva in die Oshana-streek plaasgevind. ‘n Elf-jarige meisie is glo deur haar nefie verkrag. In […]

Read More

Jagtrofees in Brittanje: Napha sê koeël is deur die kerk

Die Namibiese Professionele Jagters-vereniging, Napha, het sy reaksie gegee oor Britse parlementslede in die laerhuis wat die hoogs betwiste wetsontwerp oor die invoer van jagtrofeë na Brittanje, goedgekeur het. Die hoë kommissarisse van Namibië, Suid-Afrika, Zambië en Botswana, as deel van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied, Kaza, het ‘n brief oor volhoubare jag aan die Britse parlement geskryf. […]

Read More

Putin besoek (blykbaar) Mariupol

Die Russiese president, Vladimir Putin, het die naweek ‘n verrassingsbesoek aan die onlangs besette Mariupol-gebied in Oekraïne gebring. Die besoek was volgens berigte om die negende herdenking te vier van Moskou se besetting van die skiereiland en volg net dae nadat die internasionale strafhof ‘n lasbrief vir Putin se inhegtenisneming uitgereik het. Putin het deur […]

Read More

Red Bull maak twee-een klaar in Saoedi

Sergio Perez van Red Bull het sy spanmaat Max Verstappen, wat in die 15de plek weggespring het, geklop om die Saoedi-Arabiese Grand Prix te wen. Fernando Alonso in sy Aston Martin het derde klaargemaak, maar aanvanklik vierde geplaas nadat hy ná die wedren met 10 sekondes gestraf is. Sy span se appèl teen die boete […]

Read More

Hooggeregshof lewer môre uitspraak in Lühl-Delgado-saak

Na ‘n stryd van vier jaar teen die Namibiese ministerie van binnelandse sake, omdat hulle arbitrêr geëis het dat gay ouers DNS-toetse verskaf vir hul kinders om burgerskap te kry, sal die hooggeregshof môre sy uitspraak lewer. Die Namibiese pa Phillip Lühl en sy man Guillermo Delgado sal môre weet wat die lot van hul […]

Read More