Sun Karros Lodge: Bespreek vir dagbesoeke by Daan Viljoen

Daar was klagtes op sosiale media oor die Sun Karros Daan Viljoen-oord wat gesluit is vir dagbesoekers. Bertus Struwig, besturende direkteur van Sun Karros het bevestig sedert die omgewingsministerie die nuwe parktoegangsfooie ingestel het, het die dagbesoekers-mark aansienlik gedaal. Gevolglik moes die sakemodel by Daan Viljoen Lodge aangepas word. Struwig sê dagbesoekers kan ‘n restaurant- en swembad-geleentheid as ‘n groep vir ‘n minimum van tien mense bespreek. Sulke besprekings word op dieselfde manier beplan en bestuur as voorafbespreekte konferensies, troues, funksies, verjaarsdagpartytjies of gaste. Deur dagbesoekers op ‘n groepbesprekingsbasis te akkommodeer, kan Sun Karros hul personeel, hulpbronne en dienste beter beplan, volgens Struwig.