Al hoe meer sluipmoordaanvalle in SA

Die KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Bongiwe Sithole-Moloi, het skok uitgespreek oor die sluipmoord-poging op die speaker van die Mkhambathini plaaslike munisipaliteit. Die aanval op raadslid Thembalikho Gwala het gelei tot die dood van sy lyfwag, Samkelo Chili. Hulle het teruggekeer van ‘n gemeenskaps-vergadering. Die woordvoerder, Nonala Ndlovu, sê Sithole-Moloi doen ‘n beroep vir die vinnige inhegtenisneming van die oortreders en vir die veiligheid van raadslede en hul personeel.