Meer verdagtes in Kaapstad gearresteer

Die Stad Kaapstad se direktoraat vir veiligheid en sekuriteit sê hy het ‘n kommerwekkende toename in die getal inhegtenisnemings in die drie maande tussen Januarie tot Maart 2023 aangeteken. Die direktoraat sê hoewel die getal arrestasies toon dat wetstoepassers hard werk om misdadigers van die stad se strate af te hou, toon die statistieke egter ook dat euwels, soos dwelms en onwettige vuurwapens, nou makliker in die hande gekry kan word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…