Rugby: Bulle ploeter voort

Rugby: Die Bulle het verlede jaar in die eindstryd van die Verenigde Rugby-kampioenskap gespeel maar hierdie seisoen sukkel hulle maar. Die manne van Pretoria het vyf agtereenvolgende wedstryde verloor en is sewende op die punteleer. Hulle fokus verskuif egter nou na eerskomende naweek se uitklopwedstryd in die laaste 16 in die Kampioene-beker teen die Franse […]

Read More

Stamhoof was glo deel van renosterstropery-sindikaat  

‘n Stamhoof van Mpumalanga wat in ‘n koeëlreën dood is, sou volgende maand in die provinsie se hooggeregshof verskyn. Hoofman Clyde Mnisi en sy bestuurder is naby die Kruger-Mpumalanga Internasionale Lughawe geskiet terwyl hulle gewag het op hulp met ‘n pap band. Die bestuurder het oorleef. Mnisi en ander is aangekla van misdade soos rampokkery, […]

Read More

Gestandaardiseerde dienskontrak vir visserysektor  

’n Twee daagse werkswinkel oor ’n gestandaardiseerde dienskontrak vir die Namibiese visserysektor het vandag by Walvisbaai begin. Die werkswinkel word gehou in ooreenstemming met die Work in Fishing-konvensie van 2007 en nasionale arbeidswetgewing onder die projek Volhoubare voorsieningskettings om die bedryf vorentoe te verbeter. Die projek wat deur die Europese Unie befonds word, word deur […]

Read More

Ramaphosa se kabinetslede is oud

‘n Onlangse verslag deur die datajoernalistiekgroep, The Outlier, toon dat twee-derdes van President Cyril Ramaphosa se kabinetslede ouer as 60 jaar is. Die minister in die presidensie vir vroue, jeug en persone met gestremdhede, Nkosozana Dlamini-Zuma, en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, is die oudste op onderskeidelik 74 en 73. Die minister van […]

Read More

Kamala Harris besoek vandag Ghana

Die Amerikaanse visepresident, Kamala Harris, is hierdie week op haar drie-nasie toer in Afrika met haar eerste stop in Ghana vir ‘n geskeduleerde staatsbesoek. Harris sal ook besoek aflê in Tanzanië en Zambië. Sy keer Sondag terug na die VSA. Harris sê sy verwag positiewe bilaterale gesprekke met die Ghanese President, Nana Akufo-Addo, wanneer hulle […]

Read More

Prins Harry, bekendes se private saak teen koerante begin

Die eerste verhoor in ‘n regsgeding wat prins Harry en die sanger Elton John, die aktrise Elizabeth Hurley en die rolprentmaker David Furnish teen ‘n koerant-uitgewer aanhangig gemaak het, het in die hoërhof in Londen begin. Dit gaan oor die beweerde skending van hulle privaatheid. Aspekte van die skending van privaatheid sluit in die beweerde […]

Read More

Johannesburg vra vir geen beurtkrag om waterkwessie te herstel

Stad Johannesburg het City Power versoek om vir ‘n paar dae vrygestel te word van beurtkrag om die huidige waterkwessies reg te stel. Die burgemeesterskomiteelid vir omgewing- en infrastruktuurdienste, Jack Sekweila, sê hierdie stap sal dit moontlik maak om herstelwerk uit te voer, wat ‘n ononderbroke watertoevoer sal verseker. Hy sê ‘n soortgelyke versoek sal […]

Read More

Onwettige openbare vervoer onder die loep

Onwettige openbare vervoer-operateurs en pendeldienste het ‘n groeiende probleem in Namibië geword. Baie van hierdie operateurs is ongelisensieerd, ongereguleerd, en hulle hou ‘n ernstige risiko vir beide passasiers en die breër publiek in. Die kwessie is onlangs op die voorgrond gebring, na ‘n rits voorvalle waarin passasiers van ongelisensieerde taxibestuurders verkrag, beroof, aangerand of in […]

Read More

DA sê ANC sal nie Putin arresteer

Die DA vra die Internasionale Strafhof om alles moontlik te doen om ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van die Russiese president, Vladimir Putin, uit te voer. Hy word van oorlogsmisdade beskuldig. Die party sê die ANC-regering het hoegenaamd geen voorneme om ingevolge die lasbrief op te tree nie, soos duidelik blyk uit die ongegronde kritiek […]

Read More

Oud-Taiwanse President besoek China

Voormalige Taiwanse President Ma Ying-jeou besoek China vandag. Dit is die eerste keer dat ‘n voormalige of huidige Taiwanse leier China besoek sedert die verslane Republiek van China-regering na die eiland gevlug het in 1949. Sy besoek kom in ‘n tyd van verhoogde spanning tussen Beijing en Taipei, aangesien China sy militêre en politieke druk […]

Read More