Twee NDF-lede vir diefstal by Xinfeng-myn vasgetrek

Vier verdagtes tussen 24 en 48 jaar oud is weens diefstal op die Chinese Xinfeng-myn op die plaas Kohero B in die Omaruru-distrik in die rigting van Okombahe in die Erongo-streek in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie is twee van die Namibiese weermaglede en die voertuig wat tydens die misdaad gebruik is, behoort aan ‘n NDF-lid. Beslag is op die voertuig gelê. Na bewering het die verdagtes ‘n vraghouer by die myn oopgedwing en konstruksiemasjinerie en –toerusting soos ‘n sweismasjien en gasbottel en 650  liter diesel gesteel. Van die gesteelde items is teruggevind en die verdagtes het vandag in die Omaruru-landdroshof verskyn.