Nashville-skieter het sewe vuurwapens in aanloop tot skietery bekom

Die Nashville polisie sê die skieter wat ses mense by ‘n skool in Nashville, Tennessee vermoor het, het wettiglik sewe gewere gekoop, in aanloop tot Maandag se aanval. Drie van die wapens, insluitend ‘n aanvalsgeweer, is gebruik in die massaskietery, waarin drie kinders en drie volwassenes by The Covenant School dood is. Nashville-polisiehoof, John Drake, […]

Read More

Vragmotors in SA sukkel by grensposte

Die Padvragvereniging in Suid-Afrika doen ‘n beroep op die regering om dringend in te gryp om die voortslepende oponthoude uit te skakel wat reuse opeenhopings by die Oshoek- en Lebombo-grenposte veroorsaak. Die vereniging sê hulle is veral bekommerd oor die feit dat slegs een persoon die publiek by paspoortbeheer bedien, probleme weens onklaar kragopwekkers en […]

Read More

Landbou skort alle permitte op vir Chili, Argentinië

Die direktoraat van veeartsenydiens onder die landbouministerie sê die invoer en in transito-beweging van lewende pluimvee, voëls, rou pluimveeprodukte, lewende volstruise en rou volstruisprodukte van Argentinië en Chili is met onmiddellike effek opgeskort weens die uitbreek van die hoogs aansteeklike voëlgriep in daardie twee lande. Aangesien die inkubasietydperk van die siekte 14 dae is tree […]

Read More

ANC sal hennep- en daggabedrywe so vinnig moontlik op die been bring

Die ANC-regering beoog om die kommersialisering van die hennep- en dagga-bedryf te bespoedig, wat weens wetgewingskwessies vertraag is. Daar bestaan kommer dat landelike boere en township-entrepreneurs nie by die veranderings sal baat nie. Die bedryf het die potensiaal om meer as 130 000 werksgeleenthede te skep en armoede te verlig. Om die proses te bespoedig, […]

Read More

Regter beslis Pence moet voor Januarie 6-ondersoek getuig

‘n Federale regter het beslis dat die voormalige Amerikaanse vise-president Mike Pence moet getuig in verband met die ondersoek na die gebeure op 6 Januarie. Pence het dit probeer vermy en meen daar is konfidensiële klousules wat nie bekend gemaak kan word nie maar, die regter het beslis dat hy nie enigsins hoef te getuig […]

Read More

Messi kry standbeeld land Maradona, Pelé

Argentinië se kaptein, Lionel Messi, is vereer met ʼn lewensgrootte standbeeld wat ʼn replika van die Wêreldbeker vashou, by die hoofkwartier van die Suid-Amerikaanse beheerliggaam, Commebol, in Luque, Paraguay. Messi word vereer omdat hy sy land in Desember in Katar tot hulle eerste Wêreldbeker-titel in 36 jaar aangevoer het. Die standbeeld staan langs dié van […]

Read More

Allen verwelkom arrestasie van polisie wat verbind word met perlemoen-smokkelary

Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Polisieoorsig, Reagen Allen, het die inhegtenisneming van ses polisiebeamptes van die Maitland-blitspatrollie verwelkom. Die vier konstabels en twee sersante word van korrupsie aangekla nadat hulle na bewering talle keer beslag gelê het op perlemoen sonder dat enige iemand in hegtenis geneem of die perlemoen as bewysstukke ingedien is. Hulle […]

Read More

Okavango-rivier styg, Kunene vertoon power

Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die iishanas in die Cuvelai-bekken het effe gestyg na goeie neerslae in die gebied oor die afgelope dae maar, dat dit nie naastenby die vlakke van die efundja behaal het nie. Intussen styg die vlakke van die Okavango-rivier ook en is tans op 4,92 meter met vloei van 186 kubieke […]

Read More

Boerdery in die Noorde kry aandag

Die Oshana-streeksraad onder die direktoraat van onderwys sal op 1 April ‘n geleentheid vir boere by die Oshakati-streeksbiblioteek aanbied. Die vergadering het ten doel om boere van oraloor die streek bymekaar te bring om idees uit te ruil oor hoe om geld uit hul boerderyprodukte te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommunale boer […]

Read More

Effe vebetering in indiensneming in SA

Die vierde kwartaal van 2022 het ‘n aansienlike toename in seisoenale indiensneming in Suid-Afrika getoon, wat werkskepping in die formele sektor ‘n hupstoot gegee het. Volgens data van Statistiek Suid-Afrika is ongeveer 48 000 mense gedurende hierdie tydperk in hierdie sektor in diens geneem. Die handel-, sakedienste- en mynbousektore het in hierdie tyd die meeste […]

Read More