Kaapse Leierskapsakademie sal onderwys verbeter

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het sy Leierskapsakademie van stapel gestuur. LUR David Maynier sê die akademie stel verskeie opleiding- en ondersteuningsprogramme, kursusse, konferensies en seminare beskikbaar wat sterk leierskap binne skole sal ontwikkel. Hy het ook die Skoolleierskap- en Bestuursprogram bekendgestel, wat vanjaar 88 huidige en toekomstige skoolleiers oplei. Maynier sê hierdie program wil die gehalte van onderwys in die provinsie verbeter deur leierskapvaardighede in skole aan te vul: