Meatco se slagsyfers vertoon sleg teen ander abattoirs

Meatco bly plaaslik in die nuus, veral met die onlangse opmerkings deur die landbouminister Calle Schlettwein by die ministerie se jaarlikse beraad aan die kus. Nou wil dit voorkom asof die Okahandja-gebaseerde uitvoer-abattoir Beefcor reeds Meatco verbygesteek het met slagsyfers. Schlettwein het dit bekend gemaak maar, het nie die getalle deurgegee nie. Plaaslike berigte lui dat Beefcor teen 2024 60 000 diere verwerk terwyl Meatco vanjaar 50 000 diere teiken. Daar is 35 000 diere in die 2021-22 boekjaar deur die maatskappy verwerk. Meatco moet ongeveer 65 000 diere verwerk om ‘n wins aan te teken en die Windhoek-abattoir te bedryf. Schlettwein sê met Savanna Beef Processors wat ook die mark betree, sal kompetisie verder toeneem. Meatco is tegnies insolvent.