Xinfeng sleep Alweendo hof toe oor mynlisensie

Die Chinese litium-mynmaatskappy Xinfeng Investments se regsfirma Nambili Mhata Legal Practitioners het ʼn dringende aansoek voor die hoërhof gebring om die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo, se herroeping van hul mynboulisensie buite Omaruru, tersyde te stel. Die mynlisensie 243 is in September verlede jaar toegeken. Die aansoek is ook teen die mynkommissaris Isabella Chirchir en omgewingskommissaris Timo Mufeti gebring teen die implementering van enige besluit wat op of omstreeks 28 April geneem is om die mynlisensie te herroep. Die partye sal na verwagting hul eerste verskyning op 23 Mei voor regter Ramon Maasdorp maak.