Trump skuldig aan laster, seksuele aanranding

Donald Trump moet 5 miljoen Amerikaanse dollar in skadevergoeding betaal omdat hy die skrywer E Jean Carroll in die 1990’s seksueel aangerand het en haar daarna belaster het deur haar as ‘n leuenaar te bestempel. Die jurie het Dinsdagaand sy beslissing in die saak bekend gemaak. Carroll sê dat die wêreld uiteindelik die waarheid weet. Sy meen die oorwinning is nie net vir haar nie maar vir elke vrou wat nie geglo word nie. Trump se prokureur Joe Tacopina het aangedui hulle sal appelleer. Carroll, nou 79, het tydens die siviele verhoor getuig dat Trump, 76 jaar oud, haar in 1995 of 1996 in ‘n Bergdorf Goodman-afdelingswinkel-kleedkamer in Manhattan verkrag het, en toe haar reputasie geskaad het deur in ‘n plasing van Oktober 2022 op sy Truth Social-platform te skryf dat haar eise was ‘n klug is. Trump het deur ‘n videoskakel getuig en die aangeleentheid as belaglik beskryf.