Cenored praat (weer) na beurtkrag-dreigement deur NamPower

Cenored het gereageer op die aankondiging deur NamPower dat hy beurtkrag op sekere dorpe sal toepas as gevolg van uitstaande skuld. Die Stad Windhoek word ook geraak in verband met Groot Aub en Brakwater, asook Nored, die Cenored-Okahandja gesamentlike onderneming en die Karas-streeksraad. Die kragvoorsiener sê hy word meer as ‘n miljard Namibiese dollar geskuld wat teen 31 Mei betaalbaar is of beurtkrag begin in fases vanaf 5 Junie. Hy het dit in Mei verlede jaar ook gedoen en Cenored en Okahandja was daardie tyd ook ingesluit. Charlie Matengu, die woordvoerder van Cenored, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle het Donderdag ‘n vergadering met NamPower oor kwessies wat verband hou met wanbetalings.