Nog vergaderings beplan na dooiepunt oor verhoging van VSA skuldperk

President Joe Biden en topwetgewers het ooreengekom tot verdere samesprekings na ‘n dooiepunt bereik is oor die verhoging van die 31.4 triljoen Amerikaanse dollar se skuldperk. Na ongeveer ‘n uur van samesprekings in die Oval Office, het Biden, en die speaker van die Huis, Kevin McCarthy, hul assistente verbind tot daaglikse besprekings. Die land het net drie weke om dit deur te voer anders sal hy hom skuldig maak aan wanbetaling.