Faf sê Bokke sal almal in Frankryk verkeerd bewys

Faf de Klerk sê die Springbokke hou nie daarvan om nie die gunstelinge te wees nie en wil almal verkeerd bewys wat verwag Frankryk gaan die Wêreldbeker vanjaar tuis inpalm. Die Bok-skrumskakel was een van die helde toe hulle in 2019 in Japan die Webb Ellis-trofee die derde keer verower het. De Klerk het aan AFP gesê hy hoop hierdie toernooi eindig dieselfde as vier jaar gelede. Die Bokke is tans vierde op die wêreldranglys, maar De Klerk sê hulle is ʼn baie meer geoliede span as voor 2019 se toernooi.