Buurland se invoerders is vies oor voëlgriepverbod

Suid-Afrikaanse invoer-ondernemings kla oor die verbod op internasionale hoendervoorrade selfs na swaar voëlgroepuitbrekings opgeklaar het. Die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid laat die hervatting van die handeldryf in hoenders toe, drie maande na dit siektevry verklaar is. Maar sommige lande soos Frankryk word steeds nie toegelaat om met Suid-Afrika handel te dryf nie. Die besturende direkteur van Hume International, Frederick Hume, voer aan die […]

Read More

Trump se prokureur sal alles in die stryd werp

Donald Trump se prokureur, Joe Tacopina, sê enige aanklagte teen die oudpresident sal met hand en tand beveg word. ‘n New Yorkse groot jurie het verlede week gestem om Trump aan te kla. Dit gaan oor sy vermeende rol in die betaling van die pornoster Stormy Daniels, om haar stilswye te koop tydens sy presidensiële veldtog van 2016. Trump sal […]

Read More

Groot sukses met Torra-leeus

Daar is nou vier nuwe leeuwelpies op N/a’an ku sê se TimBila-natuurreservaat, maar dit is nie sommer enige leeuwelpies nie. In Mei 2021 het mens-leeu-konflik weens die droogte in die Torra-bewaringsgebied plaasgevind het en die woestyn-aangepaste leeus sou of geskiet of vergiftig word. Die Huab-konflikleeus is deur N/a’an ku sê na die Shiloh Jolie-Pitt-skuiling verskuif waar hulle gerehabiliteer is om hul kondisie na die […]

Read More

Opul-besnoeiings: Brent spring met US$5 per vat

Brent ru-olie het met 5 Amerikaanse dollar ‘n vat gestyg toe handel in Singapoer vanoggend oopmaak. Reuters berig dat die prys teen 84,95 Amerikaanse dollar ‘n vat in die Asiatiese stad verhandel. Dit kom na Opul en sy vennote aangekondig het dat produksie met 1,16 miljoen vate daagliks verlaag sal word maar, lidlande het beloof […]

Read More

Shangula reageer op tenderkritiek van dr. Ndume

Die Namibiese gesondheidsminister het sy reaksie gegee op die internasionaal-bekroonde Namibiese oogarts, dr. Helena Ndume se mening oor die oorsaak van die lang waglys by oogklinieke. Die Windhoek Sentrale Hospitaal se oogkliniek het tans sowat 1 300 mense op sy waglys vir katarak-operasies. Dr. Ndume sê die lang waglys kon iets van die verlede gewees […]

Read More

Maak so as jy vleis na die hoofstad vervoer

Daar is streng regulasies om permitte van Stad Windhoek te bekom om geslagte vleis in die stadsgrens in te bring. Daar word dikwels by padblokkades op vleis beslag gelê. Volgens die bestaande regulasies kan ‘n persoon vleis in Windhoekse grense inbring met ‘n permit mits dit vir die persoon se eie huishoudelike verbruik is. As […]

Read More

Dwelms regoor die land die naweek gekonfiskeer

Die Namibiese polisie het verskeie arrestasies oor die naweek gemaak in verband met dwelms. Op Lüderitz het die polisie twee mans, 19 en 21 jaar oud, in hegtenis geneem vir die besit van skunk-dagga en daggasaad. In Hollywood, op Khorixas is daar drie arrestasies gemaak en in twee gevalle is die verdagtes aangekla van die […]

Read More

So lyk beurtkrag Suid-Afrika…

Eskom sê fase drie-beurtkrag sal van vyf-uur vanoggend tot vier-uur vanmiddag in die buurland ingestel word, terwyl fase vier tot môreoggend vyf-uur van krag sal wees. Hierdie patroon sal tot verdere kennisgewing daagliks herhaal word. Die kragvoorsiener se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die afgelope 24-uur is vier opwekkingseenhede by die Kriel-, Matimba-, Matla- en […]

Read More

Almal wil ‘n stamhoof in Kunene wees

Die goewerneur van die Kunene-streek Maruis Sheya sê sy kantoor het 75 nuwe aansoeke ontvang van diegene wat beweer dat hulle stamhoofde is en erkenning as tradisionele leiers soek. Verskeie tradisionele owerhede in die streek is besig met interne rusies en eindelose litigasies waar talle owerhede met óf meer as een hoof veg vir erkenning. […]

Read More

Steenhuisen sê DA moet homself posisioneer vir volgende verkiesing

Die herverkose DA-leier, John Steenhuisen, sê die realistiese vooruitsig dat die ANC in volgende jaar se nasionale verkiesing minder as 50 persent van die stemme sal inpalm, bied Suid-Afrika ‘n geleentheid vir radikale hervorming. Hy het die voormalige Johannesburgse burgemeester, Mpho Phalatse, tydens die party se verkiesingskongres in Midrand verslaan. Helen Zille is onbestrede as […]

Read More