Regerings moet in verpleërs belê

Die Suid-Afrikaanse vakbond vir onderwys-, gesondheid- en verwante werkers, Nehawu, sê dit is noodsaaklik dat die ANC-regering in die verpleegkunde belê om die groot uitdagings in die gesondheidsorgstelsel aan te spreek. Dit is vandag Internasionale Dag vir Verpleegkundiges, onder die tema: Ons Verpleegkundiges, Ons Toekoms. Nehawu-woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, sê die tema beklemtoon die kritieke behoefte aan meer hulpbronne vir verpleegpersoneel om pasiënt-gerigte gehaltesorg te lewer, en om voor te berei vir die inwerkingstelling van die Nasionale Gesondheidsversekering: