Dwelms en drankmisbruik onder Namibiese jeug…

Nes in Namibië, staar Suid-Afrika ‘n groeiende probleem van dwelmmisbruik en verslawing in die gesig, veral onder jongmense. Dit sluit alkohol en ‘n dwelms in. In Gauteng is dit as ‘n prioriteitskwessie deur premier Panyaza Lesufi geïdentifiseer. Ten spyte hiervan is daar egter verbasend min programme, mense en geakkrediteerde fasiliteite om die probleem in beide lande aan te pak. Dorothea Nangolo, die woordvoerder vir die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor dwelmgebruik onder die jeug in die land.