Djokovic sê Alcaraz is die man om te verslaan op klei

Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, het kommer oor sy elmboog besweer en sê hy voel goed. Die Serwiër begin sy veldtog om ‘n sewende Italiaanse Ope-titel in te palm, wanneer hy vanaand teen die Argentyn, Tomas Martin Etcheverry, kragte meet. Indien Djokovic en tweede gekeurde Carlos Alcaraz van Spanje na die eindstryd deurdring, sal dit die eerste keer wees dat hulle hierdie seisoen teen mekaar te staan kom. Alcaraz het reeds in Barcelona en Madrid koning gekraai. Die 22-malige Grand Slam-kampioen sê Alcaraz is tans die man wat hy op klei moet verslaan: