AgriSA verwelkom stappe vir biosekuriteit

AgriSA verwelkom die regering se optrede om die vele gebreke in die veeartsenykundige en diere-biosekuriteitstelsels aan te spreek. Volgens ‘n verslag deur die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling funksioneer die land se veeartsenykundige en biosekuriteitstelsels nie behoorlik nie, weens talle probleme. Dit wissel van probleme met institusionele ontwerp en begrotingsbeperkings, tot produksiebeperkings by die Onderstepoort Entstofvervaardigingsfasiliteit, met verreikende gevolge.  AgriSA sê die verslag toon die mate waartoe  biosekuriteitmislukkings die land se voedselsekerheid en handelsreputasie bedreig.