Twitter kry (dalk) nuwe hoof

Elon Musk sê hy het ‘n nuwe uitvoerende hoof vir Twitter gevind, maar het nie die persoon se naam bekend gemaak nie. Die Wall Street Journal het hoewel berig het dat Linda Yaccarino, uitvoerende hoof van Comcast NBCUniversal, in gesprek was vir die pos. In ‘n twiet sê Musk dat hy opgewonde is oor die nuwe uitvoerende hoof en dat sy oor ses week sal begin. Hy sê hy sal binne die volgende paar weke na die rol van tegnologiehoof van die sosialemediaplatform oorgaan.