NamPower kry 8,97 persent verhoging

Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n 8,97 persent verhoging aan NamPower toegestaan. Die maatskappy het ‘n tariefverhoging van 16,87 persent aangevra. Die uitvoerende hoof van die raad Robert Kahimise het die aankondiging gemaak. 

NamPower het erge uitdagings in die vorige boekjaar beleef en met beurtkrag in die buurland, raak die koste van kragaankope ook duurder. Die maatskappy het ook meer as ‘n miljard Namibiese dollar wat aan hom geskuld word deur verskeie rade en plaaslike owerhede regoor die land. Ekonome het dubbelsyfer verhogings voorspel, veral omdat plaaslike owerhede nog hul verhogings moet aankondig.