Unam se Ogongo-landboukampus wil KI-opleiding bied

Personeel van die Universiteit van Namibië se Ogongo-landboukampus in die Noorde het vandag die Oshana-streeksgoewerneur, Elia Irimari, betrek oor hul jongste onderneming met betrekking tot kunsmatige inseminasie. KI word gebruik om die genetiese kwaliteit en weerstand van vee te verbeter. Deur hul bestaande memorandums van verstandhouding het die Oshana-streeksraad en die Ogongo-landboukampus gesprekke begin om […]

Read More

Wêreldwye lugvaartbedryf herstel  

Die Internasionale Lugvervoer-vereniging sê die lugvaartbedryf toon ‘n volgehoue herstel ná die gevolge van Covid-19. Die vereniging sê die Afrika-lugvaartmark word tans teen 93 persent bedryf vergeleke met 2019. Die direkteur-generaal, Willie Walsh, sê hulle verwag dat passasiersverkeer in Afrika sal toeneem en die groei in die mark sal teen 2040 twee keer meer as […]

Read More

Restonic Namibia borg NRU

Restonic Namibia het vandag ‘n borgskap ter waarde van ‘n halfmiljoen Namibiese dollar aan die Namibiese Rugby-unie aangekondig. Hulle skenk onder meer beddens aan die Welwitschia-spelers wat in September aan die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk gaan deelneem. Tydens die oorhandigingseremonie het Mauritz van Niekerk, Restonic Namibia se hoofbestuurder gesê hulle glo as jy goed slaap, sal […]

Read More

Nog ‘n DA-burgemeester in Gauteng sy pos kwyt

Nog ‘n burgemeester van die DA in Gauteng is sy pos kwyt. Die burgemeester van die Wes-Randse distriksmunisipaliteit, Hullet Hild, is uitgestem in ‘n mosie van wantroue wat die ANC, die EFF en die African Independent Congress gesteun het. Die hoofsweep, Almé Swart, ook van die DA, is ook verwyder. Hild en Swart is in […]

Read More

Ekonoom gee reaksie oor handelstekort

‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op die handelsbalans wat steeds in ‘n tekort is. Dit het egter op ‘n maandgrondslag in Februarie met 86,2 persent verbeter en met 84,9 persent op ‘n jaargrondslag gemeet. Verliese van 3 miljard Namibiese dollar is in Januarie vanjaar aangeteken teenoor 2,8 miljard dollar wat in Februarie bereken […]

Read More

VSA lei 120 Namibiese vroue in 14 streke op

Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, Randy Berry, het vandag amptelik die Academy for Women Entrepreneurs op Walvisbaai bekendgestel. Die akademie wat in 2020 in Namibië gestig is, het opleiding aan altesaam 70 vroue van die streke Karas, Erongo, Khomas, Ohangwena en Oshana in onderskeidelik in 2021 en 2022 gebied. Vanjaar sal 120 vroue uit al […]

Read More

DA plaas druk op regering oor Clanwilliamdam-projek

Die Wes-Kaapse departement van landbou sê die vertragings met die verhoging van Clanwilliamdam se wal het 15 000 nuwe werkskeppings-geleenthede beïnvloed. ‘n DA-lid van die wetgewer, Andricus van der Westhuizen, sê die projek is vertraag weens wanbestuur en moontlike korrupsie. Hy sê die groter dam sal na verwagting help om watervoorsiening vir besproeiing en gewasproduksie […]

Read More

Streng veiligheidsmaatreëls vir Trump se hofverskyning

Amerikaanse oudpresident Donald Trump  vergader met sy regsverteenwoordigers in Trump Towers in New York ter voorbereiding van sy hofverskyning later vandag op strafregtelike aanklagte. Streng veiligheidsmaatreëls is van krag weens verwagte betogings buite die hof in Manhattan. Tientalle polisie- en hofbeamptes, sowel as die geheime diens, sal Trump na die hofgebou vergesel. Die aanklagte teen […]

Read More

Bouwerk aan hospitaal gestaak weens korrupsie

ActionSA in Mpumalanga sê bouwerk van meer as 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand aan die nuwe hospitaal met 250 beddens in Middelburg is gestaak weens beweerde korrupsie. Die woordvoerder, Thoko Mashiane, doen ‘n beroep op premier Refilwe Mtsweni-Tsipane om te verduidelik hoe haar regering beplan om die situasie reg te stel en basiese gesondheidsorg aan die […]

Read More

Bouprojek van Unam se Suide-kampus vertraag

Namibiese vise-president Nangolo Mbumba het die Universiteit van Namibië se Suidelike Kampus se lesingsaal-kompleks by Keetmanshoop in die Karas-streek ingehuldig. Die regering het 93 miljoen Namibiese dollar vir die eerste fase van die bou-projek van die kampus belê. Die konstruksie van die kompleks, wat uit lesingsale, geo-wetenskapslaboratoriums en administrasie-kantore bestaan, het in 2016 begin. Die […]

Read More