Enoch onttrek Eskom-vrystelling

Die buurland se finansminister Enoch Godongwana het die vrystelling wat hy aan Eskom gegee het, teruggetrek. Daarvolgens was dit nie vir die kragvoorsiener nodig om onreëlmatige, verkwistende en vrugtelose uitgawes in sy finansiële jaarstaat te vermeld nie. Die minister het verlede week die vrystelling in die Staatskoerant gepubliseer in ’n poging om Eskom se balansstaat […]

Read More

Trump sal bedreiging vir Navo inhou

Dit sal tot nadeel van Navo wees sou oudpresident Donald Trump weer Amerikaanse president word. Dit is die standpunt van Sir Richard Shirreff, voormalige adjunk-oppergeallieerde bevelvoerder van die verdagsorganisasie. In sy mening sal Trump ‘n eksistensiële bedreiging vir die alliansie wees. Hy het met Britse media gepraat.

Read More

Taliban verbied VN se vroupersoneel om te werk

Die Verenigde Nasies het sy kommer uitgespreek omdat Taliban-owerhede in die ooste van Afghanistan VN-vrouepersoneel verbied het om te werk. Die Taliban-administrasie het in Desember ook vroue verbied om by nasionale en internasionale nieregeringsorganisasies te werk. Vroue mag boonop nie werk, studeer of reis sonder ‘n manlike metgesel nie. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, […]

Read More

Sindikaat in SA kry 843 jaar in die tronk

Ses lede van ‘n Suid-Afrikaanse sindikaat wat bankkliënte bedreig het, is deur die hooggeregshof in Johannesburg tot ‘n opeenvolgende 843 jaar tronkstraf gevonnis. Die mans is vroeër skuldig bevind op altesaam 68 aanklagte van onder meer moord, roof, ontvoering, rampokkery deur bestuur en deelname aan ‘n onderneming, bedrog, korrupsie en sameswering. Die Nasionale Vervolgingsgesag se […]

Read More

Namib Meulens verlaag rys en pasta pryse

Namib Meulens het ‘n prysverlaging op vier van sy produkte aangekondig. Rys sal met tussen 5 en 6 persent daal terwyl Pasta Polana en King Pasta tussen 9 en 11 persent goedkoper sal wees. Polana Instant Noodles se prys sal met 15 persent daal. Die Namibiese voedselreus sê internasionaal het ryspryse gedaal as gevolg van […]

Read More

Kavekotora gesels oor sy tyd in die Nasionale Vergadering

Die RDP-leier Mike Kavekotora, wat onlangs uit die parlement bedank het, het aan Kosmos 94.1 Nuus sy redes vir sy bedanking gegee. Hy is steeds president van die party en het gesê hy wil die RDP behoorlik posisioneer om voor te berei vir die algemene verkiesing in 2024. Kavekotora se plaasvervanger en adjunkpresident van die […]

Read More

Cohen sê Trump moet aanspreeklik gehou word

Die voormalige president van Amerika Donald Trump se vorige prokureur, Michael Cohen, sê hy het ‘n beduidende hoeveelheid dokumente as bewyssstukke ingedien wat bewerings oor Trump se moontlike vervolging bevestig. Aanklaers in Manhattan beweer in hul klagstaat die gewese president en Cohen het in 2017 ‘n ontmoeting in die Withuis gehad om die betaling van […]

Read More

MTC verhoog sy erf-verskaffingsteiken

MTC beplan nou om met meer as 1 900 laekoste behuisingserwe te lewer, hoër as die aanvanklike teiken van 1 585, onder sy grondaflewering projek. Die projek is ‘n driejaarprogram wat ontwerp is om die kwessie van die tekort aan erwe in stedelike gebiede aan te spreek deur bekostigbare grond aan lae-inkomsteverdieners te verskaf. Die projek […]

Read More

Versigtig as jy die langnaweek deur die Noord-Kaap ry

Die Noord-Kaapse LUR vir Vervoer, Nomandla Bloem sê wetstoepassingsbeamptes gaan hierdie Paasnaweek op volle sterkte wees. Dus, is dit belangrik vir Namibiërs wat deur die provinsie vir die langnaweek ry, om versigtig te wees. Die veldtog fokus op die groter verkeer op paaie, en daarom is opvoeding oor padveiligheid en die bevordering van goeie padgebruik […]

Read More

Pensioen, toelaag sal verhoog wanneer begroting bekragtig is

Die verhoging in die staatspensioen sowel as die kindertoelaag, wat in die begroting aangekondig is, sal eers wanneer die begroting deur die parlement bekragtig is, in werking kan tree. Die finansminister Ipumbu Shiimi het 100 Namibiese dollar meer vir elkeen aangekondig. Lukas Haufiku, skakelbeampte in die ministerie van armoede uitwissing sê wanneer dit plaasvind, sal […]

Read More