WGO: Namibië het talle gesondheidsprobleme

Die Wêreldgesondheids-organisasie herdenk Vrydag Wêreldgesondheidsdag, ook in Namibië. Armoede het ‘n negatiewe impak op die gesondheid van Namibiërs. Wanvoeding is steeds die nommer een moordenaar van kinders onder die ouderdom van vyf. Kindersterfte-syfers onder vyf jaar in die land is 46,7 per 1 000 geboortes. Namibiërs staar uitdagings van hoë bloeddruk, hipertensie, diabetes en vetsug […]

Read More

Cope veroordeel Enoch se besluit oor Eskom

Cope het die minister van finansies, Enoch Godongwana, gekritiseer nadat hy sy besluit teruggetrek het om Eskom vry te stel van die bekendmaking van vrugtelose, verkwistende en onregmatige uitgawes in sy jaarverslae. Godongwana het enige bybedoeling ontken, en gesê sy besluit was gegrond op die kragvoorsiener se finansiële volhoubaarheid. Hy het vanoggend aangekondig die vrystelling […]

Read More

Klimaatsverandering: Spanning tussen VSA en ander lande

Die Verenigde Nasies se Menseregte-raad se besluit oor klimaatsverandering wat ‘n beroep op regerings doen om ʼn beleid en ʼn wetlike raamwerk te aanvaar om die reg op ‘n gesonde omgewing daar te stel, het spanning tussen sommige vooraanstaande lande en Amerika laat ontstaan. Die voorstel is aangevoor deur Costa Rica, die Maldive, Marokko, Slowenië […]

Read More

Sommige paaie in Krugerwildtuin nog gesluit

Besoekers het begin toesak op die Krugerwildtuin vir die Paas-skoolvakansie. SANParke sê sommige paaie is steeds gesluit ná oorstromings. Hekkwotas vir dagbesoekers sal gedurende die Paasnaweek ingestel word, en besoekers word aangeraai om aanlyn te bespreek voor hul besoek. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, sê besoekers moet by ontvangs of hekke kyk vir die jongste […]

Read More

Nampol kort hulp met verbrande lyk wat in hoofstad gevind is

Die Namibiese polisie vra die hulp van die publiek om ‘n liggaam te identifiseer wat in ‘n sloot in die Suidelike Industriële Gebied gevind is. Die liggaam is verbrand maar, is ook erg aangerand voor dit brand gesteek is. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Khomas-polisie het meer besonderhede.

Read More

Kaapstad reik lys van bome uit om te plant na kewerplaag

Die Stad Kaapstad het ‘n lys van 28 bome uitgereik wat aanbeveel word om te plant in die plek van bome wat deur die stompneus-kewerplaag vernietig is. Die kewer het in die Helderberg-gebied voorgekom en is baie onlangs ook in Nuweland, Rondebosch, Mowbray, Claremont, Kenilworth en Observatory langs die Liesbeeckrivier opgemerk. Die stad sê die […]

Read More

Grossi vergader met Russe oor Zaporizhzhia

VN-kernhoof Rafael Grossi het vandag met Russiese amptenare in Kaliningrad vergader vir samesprekings om die veiligheid van die Moskou-beheerde Zaporizhzhia-kernkragsentrale in die Oekraïne te verseker. Die vergadering kom ‘n week nadat hy die aanleg besoek het. Russiese magte het in Maart verlede jaar beheer oor die ses-reaktor-aanleg in die suide van die Oekraïne oorgeneem. Daar […]

Read More

Augusta kan Tiger se laaste wees

Gholf-liefhebbers sien uit na die Meesters wat môre op Augusta begin. Spelers se name lees soos die konings van gholf en die vyfmalige wenner, Tiger Woods, wat saam met Viktor Hovland en Xander Schauffele in ‘n groep gedeel is, is ook daar. Maar, met die uitdagings wat hy in die onlangse tyd gehad het, sê […]

Read More

Gebed in die donker moet vermy word – aktivis

Talle Namibiese vroue is weer gevang met ‘n slenter in verband met geloof, God en ‘n selfverklaarde profeet. Dit gons op oomblik op sosiale media oor die Namibiese gospel-sanger Evaristus Kamangili. Kamangili vertel glo aan mense dat hy ‘n apostoliese profeet en ‘n selfverklaarde man van God is. Hy het na bewering talle vroue bedrieg […]

Read More

Alweendo besoek Karas oor olie-ontdekking

Die Namibiese ministerie van myne en energie is tans in die Karas-streek om ‘n inligtingsessie te hou oor die ontdekking van olie, aflandig van die streek. Die minister, Tom Alweendo, het inwoners toegespreek en sê die hele proses sal nog ‘n paar jaar neem. Hy het ook die sogenaamde vloek van oliebronne aangespreek. 

Read More